Onderwys – Skoolbestuur, eienaarskap en fisiese fasiliteite
Daar word gereeld in die koerante gerapporteer oor die swak fisiese toestand waarin sommige van ons skole, koshuise en ander staatseiendomme verkeer. Nou die ander dag het ’n minister gewys op die toestand waarin staatswoonstelle in Windhoek verkeer. ’n Mens maak onwillekeurig die gevolgtrekking dat daar ’n verband is tussen die vervalle fisiese fasiliteite en gebroke skoolprestasies.
Die rede wat onmiddellik na vore kom, is die wanbalans tussen die toelatings- en konstruksiekoerse. Wanneer skole en koshuise meer leerders akkommodeer as waarvoor dit bedoel is, lei dit tot versnelde agteruitgang. Dit is eenvoudig onmoontlik om voor te bly met instandhouding. Aan die ander kant het ek onderbenutte fasiliteite gesien wat in dieselfde toestand is.
’n Tweede rede is swak vakmanskap en laegraad- en goedkoop materiaal. Onbedoelde foute kan insluip gedurende die voorbereidingsperiode, tydens konstruksie en in die nasorg na oorhandiging. Maar, “foute” is nie altyd onbedoeld in die nuwe era van “tenderpreneurs” nie; dit kan ook korrupsieverwant wees.
“Bedoelde verkeerde keuses” kan gemaak word tydens die aanwys van argitekte, bourekenaars en ander nodige ingenieurs asook tydens die toekenning van tenders aan kontrakteurs.
Verder is dit moontlik dat toesig tydens die konstruksieperiode ondoeltreffend en onvoldoende kan wees. Hierdie geboue gaan gewoonlik so vining agteruit dat dit later onveilig vir menslike gebruik is, die instandhouding daarvan word astronomies en moet gesloop word.
Derdens, en ek glo in die meeste gevalle, is die fisiese agteruitgang by koshuise en skole te wyte aan hoe die fasiliteite bestuur word. Bestuurders by skole en koshuise het so vasgeval in die gewoonte, “kry vir Werke” dat hulle vergeet dat die bestuur van die fisiese fasiliteite ’n prioriteitsverantwoordelikheid is. En, as Werke nie opdaag nie, dan word daar eenvoudig niks gedoen nie.
As voormalige onderwysbeplanner, verantwoordelik vir die toesig oor fisiese fasiliteite in die streek, kan ek boekdele hieroor skryf. Een keer moes ek dringend, in ’n verslag, by die destydse direkteur daarop aandring dat ’n sekere koshuis in die streek gesluit word. Die koshuis was in ’n uiters vervalle toestand.
’n Ander keer is ek en ’n Werke-amptenaar dringend uitgeroep oor ’n waterlekkasie in die skool se ablusie. Daar gekom, was die wêreld onder water. Ons “inspeksie besoek” het minder as vyf minute geduur; ons het eenvoudig die stopkraan toegedraai.
Nou die ander dag moes ek die ablusiegeriewe by ’n skool gebruik. Die deur van die ablusie vir mans het aan die boonste skanier gehang. My vraag aan die opsigter het niks opgelewer nie. Ek het ’n skroewedraaier in my kar gaan haal en met die hulp van een van die skoolseuns die skroewe weer ingedraai.
Kom ons kyk weer na hierdie situasie!
Eerstens, is dit vir my duidelik dat dit niemand gepla het dat daar met die deur fout was nie. Die ablusiegeriewe was skoon en die opsigter of een van die skoonmakers moes dit tog opgelet het. Verder, een van die mansonderwysers wat die geriewe teen daardie tyd gebruik het, moes dit ook opgelet het.
Tweedens behoort daar ’n reël by die skool te wees dat dergelike gebreke onmiddellik onder die aandag van die opsigter gebring word. So ’n reël dra ’n element van dringendheid en sal voorkom dat gebreke vir langer tye as nodig, nie aandag kry nie. Blykbaar is daar nie so ’n reël of gebruik nie! Derdens, behoort die herstel van sulke klein gebreke op die pligstaat van die opsigter te wees. Die skool behoort ook die opsigter van basiese gereedskap te voorsien. Blykbaar is dit nie en gevolglik het hy hom nie daaraan gesteur nie.
En laastens, behoort die monitering van die opsigter en skoonmakers op die pligstaat van een van die senior onderwysers te wees. Blykbaar, is dit ook nie of as dit is, is dit eenvoudig geïgnoreer.
Wat kommerwekkend is, is dat daar min ag geslaan is op die feit dat niemand juis bekommerd was nie. Die gevolgtrekking waartoe ’n mens kom, is nog meer kommerwekkend! Hierdie insident wys in die eerste plek op ’n gebrek aan eienaarskap.
Tweedens, wys dit op ’n kritieke gebrek aan doeltreffende bestuursleiding. En, derdens met verwysing na die tweede punt, rig dit ernstige vrae aan ons menslike kapitaal.
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie