Onderwys - Onderwys en transformasie
Godfrey Kleinhans
Ná vele jare in die joernalistieke wêreld, waarvan nege as redakteur van Republikein, het Dani Booysen besluit om sy “inkomste-lewe” in ’n ander rigting te stuur. Wat dit is weet ek nie, maar ek wens hom alle voerspoed toe op hierdie nuwe weg. Hy was ’n getroue dienaar van die verspreiding van inligting, iets waarsonder die wêreld en onderwys nie kan bestaan nie. Mooi loop Dani!
Maar, kom ons keer terug na die Unicef Onderwyskonferensie. Vroeg in die week van die konferensie is heelwat gemaak van transformasie. Ek kan onthou dat transformasie van die onderwysstelsel op almal se lippe was in die vormingsjare (1990’s) van die ministerie van onderwys. In daardie jare het transformasie, binne die konteks van onderwys, ’n baie beperkte betekenis gekry. Die hele transformasie inisiatief was daarop gemik om alles (of amper alles) uit die apartheidsverlede radikaal te verander. Dit sluit onder andere in onderwysopleiding, skoolkurrikula, onderwysmateriaal en riglyne (guides). Die skryf van nuwe handboeke het ook baie tyd in beslag geneem. Die woord kontrole wat die sukses van elke proses ten doel het, is met uiterste suspisie bejeën en hare is gekloof oor hoe die graad eentjies moet leer lees, skryf en somme maak. Die geld was min en ons onderwysbeplanners het dikwels geargumenteer oor wat die belangrikste is; klaskamers of ablusiegeriewe. Al hierdie diskoerse en argumente het mens laat dink aan die hoender en eier vraag; wie was eerste. Ons het baie by buitelandse konsultante en kundiges geleer en natuurlik met buitelandse finansiële hulp. Maar, dan moet ek byvoeg dat ons baie van dit wat sommige konsultante aan ons opgedwing het, sonder enige nadenke opgeslurp het.
Maar, wat beteken transformasie nou eintlik? Volgens die leksikon van die Afrikaanse taal beteken dit gedaanteverwisseling, vervorming of herskepping van die bestaande. Dit spreek sonder taal dat enige transformasie-oefening altyd gemik moet wees op verbetering. Maar, hoe moet onderwyspraktisyns dit verstaan binne die konteks van die Unicef verduideliking? Ek dink dat Unicef se verduideliking span die kader wyer as net die wegdoen van apartheidspraktyke. Volgens Action Track One van die konferensie vra transformasie vir indringende, verreikende en pragmatiese aksies om die trajek van onderwys in ‘n ander rigting te stuur. Natuurlik moet sodanige aksies gebaseer wees op bewese kennis en uitgevoer word deur brawe mense wat min geduld het met politieke korrektheid en opdringerige politici. Dit is al manier hoe ons kan ontkom uit ’n staat van stagnasie en agteruitgang. Ons onderwys is tans nie op ‘n lekker plek nie. Kom ons transformeer! Ons het die mannekrag en die kundigheid. Kom ons doen dit nou!
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie