Onderwys - Moet meesters op 60 gaan rus?
Die gevierde advokaat, George Bizos, se Odyssey to Freedom is seker een van die boeiendste outobiografië waarop ek al my hande gelê het.
In die finale hoofstuk haal Bizos die pragtige gedig "Ithaca" van CP Cavafy aan. My aftrede in 2008 sal my altyd aan hierdie pragtige stuk poësie herinner.
In die gedig neem die spreker sy lesers op ‘n reis na Ithaca; die finale bestemming. Die laaste strofe is veelseggend van ons reis hier op aarde; dit kon net sowel die reis van ‘n onderwyser deur die onderwyslandskap gewees het. Ek haal graag die derde strofe aan.
But you must keep Ithaca in mind.
The arrival there is your predestination.
Yet do not by any means hasten your voyage.
Let it be best endure many ways,
Until grown old at length your anchor at your island
Rich with all you have acquired on the way.
You never hoped that Ithaca would give you riches.
‘n Onderwyser, of "meester", se reis begin na matriek aan ‘n universiteit of onderwyskollege. In sommige lande moet onderwysers eers deur ‘n internskap of registrasieproses gaan alvorens hulle erkenning as leermeester kan geniet. Daarna begin ‘n proses wat op die heel boonste vlak van die professie kan eindig.
Daar word baie keer gesê dat onderwys die moeder van alle beroepe is. Alle medici, regsgeleerdes, besigheidsmense, entrepreneurs, argitekte, sielkundiges, sosioloë en dies meer se loopbaandrome begin in die klaskamer, aan die voete van ‘n onderwyser. In hierdie ruimte en met onderrigbronne kan kinders hul eie potensiaal ontwikkel om hul reis na hul eie Ithacas te bepaal. So het dit oor die jare plaasgevind en so sal dit in die toekoms voortrol.
Frank Waters vertel in sy boek Brave are my people (1998) van die Amerikaanse inboorlinghoofman Seattle wat hierdie waarheid so kragtig uitgedruk het: "Tribe follows tribe, and nation follows nation, like the waves of the sea. It is the order of nature, and regret is useless." So sal dit altyd wees.
Die verwagting is dat ‘n gekwalifiseerde onderwyser vanaf hul vroeë twintigs vir ongeveer 40 jaar diens sal doen. Sommige vind voor aftrede groener weivelde terwyl ander weens wangedrag of omstandighede buite hulle beheer gedwing word om die beroep te verlaat. Dit kan ook siekte of dood wees. Dit is die gang van die lewe.
In 2019 was daar 31 078 onderwysers in diens en 9,03% was ouer as 55. ‘n Klein groepie (1,03%) was tydelike aanstellings bo die ouderdom van 60.
Dit is te verwagte dat die meerderheid van eersgenoemde onderwysers die beroep teen 2025 sal verlaat.
Baie mense het vrae oor die verlies aan ondervinding. Dit staan natuurlik enige onderwyser vry om die beroep te verlaat of met vroeë pensioen te gaan, maar op 60 word jy verplig om uit te tree.
Die koste is hoog. Ervare onderwysers laat ‘n geweldige leemte. Hul kennis en insig en ondersteuning aan jonger kollegas is skielik nie meer daar nie.
Aftrede skep gebreke, onsekerhede, uitdagings en vrae. Skole moet skielik klaarkom sonder die ervaring en jonger, onervare personeellede sonder die ondersteuning van ouer en meer gesoute kollegas.
Soos baie ander mense wonder onderwysers of hul pensioen en medies in plek is? Ons sal in die komende weke antwoorde op hierdie vrae (en ander) probeer vind. Belangstellendes kan vrae, idees en kommentaar aan my e-pos.
(Ek dra graag hierdie rubriek op aan Gerald Abrahams, ‘n afgetrede onderwyser van my grootworddorp, Uitenhage. Gerald was geken as ‘n nederige mens en ware Meester. Hy het onlangs die lewe gelaat.)
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie