Onderwys - Die rol van tuiswerk (met 'n nota oor promovering)
Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) het met huL aangepaste promosievereistes die spreekwoordelike kat in die duiwehok gegooi.
Terwyl ek besig is met aanwysers van kwaliteitonderwys kan ek net so wel ook ‘n eiertjie daaroor lê. Ander, wyser mense het reeds die dwaasheid daarvan uitgewys.
Daar is egter ‘n ander perspektief. Wanneer ‘n leerling of student ‘n punt of twee nodig het om ‘n vak te slaag, of om na die volgende graad of studiejaar te vorder, word die eksamenskrif of jaarwerk nagagaan om te kyk of die nodige punt(e) nie êrens te vinde is nie. 'n Oud-inspektrise, me. MA Kusch, het altyd gesê “gaan soek die punt”.
Dit maak tog nie sin om ‘n leerling ‘n vak te laat druip of hulle terug te hou weens ‘n marginale punteverskil nie. Maar, om dit te doen, was uitsluitlik die prerogatief van die onderwyser.
Nou dat Nust die praktyk tot beleid verklaar het, en dit aan die wye wêreld verkondig het, mag elke student, ongeag klasbywonings- of gedragsrekord, daarop aandring. Die besluit het ook die dosent van die prerogatief ontneem.
Debra Sheppard se vierde stel maatstawwe vir kwaliteit impakteer direk op die onderrig- en leerproses.
Tyd staan opnuut sentraal. Die kurrikulum stel voorskrifte oor tydsbesteding en tyd moet goed bestuur word (die time-on-task-beginsel). Die tydsvoorsiening in die skoolrooster (sien verlede week se rubriek) mag nooit minder wees as dit wat die kurrikulum voorskryf nie. Dit staan die skoolbestuur of onderwysers ook vry om meer tyd in te ruim waar omstandighede dit regverdig. Tyd is van kritieke belang en daarom moet daar vir verlore tyd opgemaak word.
Kwaliteit word ook bepaal deur onderigstrategieë en hoe klaskamers georden is. ‘n Fout wat baie keer gemaak word, is dat ‘n bepaalde strategie aan onderwysers opgedwing word. Baie onderwysers sal onthou hoe inspekteurs en vakadviseurs hulle hieraan skuldig gemaak het.
Met die liberalisering van onderwys het die fokus verskuif van onderwyser-gesentreerd na leerling-gesentreerd. Vir een kennis van my was die oormatige gehamer daarop te veel. Gefrustreerd het sy uitgeroep ”learner-centered, learner-centered teacher out by the door”.
Onderwysstrategie moet nie net die uniekheid en individualiteit van die leerder in ag neem nie, maar ook eienskappe van die onderwyser. Dan presteeer die onderwyser op sy of haar beste.
Die aspek van tuiswerk het al baie diskoerse ontketen. Vraagstukke sluit die volgende in:
• die verband tussen tuiswerk en prestasie
• die volume van tuiswerk
• die frekwensie daarvan
• die moontlike inbraak op die regte van leerlinge
• die volume tuiswerk vir presterende leerlinge en nie-presteerders
Ander relevante vrae is of dit reg is om leerders uit laeinkomstegebiede, waar daar soms nie genoeg ruimte en elektrisiteit is nie, te belas met tuiswerk, en of leerders nie net moet speel en kind wees gedurende die dag nie. Die vrae is nog nie opgeklaar nie.
'n Sterk verband word wel vermoed tussen tuiswerk, die selfontwikkeling van leerders en beter prestasies. ‘n Belangrike impak van tuiswerk is dat die ouers en ouer sibbes tuis betrek word.
In die laaste plek is dit van kritieke belang dat tuiswerk gereeld gekontrolleer en ge-evalueer word en dat leerders gereeld terugvoering kry. Dit beteken nie net die nasien van tuiswerk en toekenning van punte nie, maar dat alle tuisopdragte en toetse volledig bespreek word. Dit is ook die bestuur van die skool se verantwoordelikheid om seker te maak dat dit wel gebeur.
Sonder kontrole, evaluering en terugvoering het aktiwiteite geen waarde nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie