No Image Caption

Onderwys – Afwesigheid

Afwesigheid bly een van die mees onderskatte aanduiders van kwaliteit-onderwys. En hier praat ons nie net van leerders nie, maar van almal wat op een of ander wyse by kwaliteit-onderwys betrek word.

Vir die doeleindes van hierdie bespreking, sluit ek streekdirekteurs, inspekteurs van onderwys, vakadviseurs, skoolhoofde, departementshoofde en onderwysers in. Navorsing toon dat afwesigheid, en veral chroniese afwesigheid, kan ’n uiters negatiewe impak op die prestasies van skoolleerders hê.

Daar mag verskeie redes wees waarom ’n leerder op ’n bepaalde dag of vir ’n bepaalde periode nie skool kan bywoon nie. Die ooglopende rede (en dis gewoonlik ’n goeie motivering) is fisieke ongesteldheid. Omstandighede wat ’n leerling se teenwoordigheid by die huis vereis soos begrafnisse en gure weersomstandighede is ook goeie motivering vir skoolafwesigheid. Ouer leerlinge moet ook soms in die afwesigheid van die ouers tuisbly om na die jonger sibbes om te sien. Dit kan ook verwag word dat siek leerlinge, wat veral met tuberkulose en kanker gediagnosser is, vir lang periodes afwesig sal wees.

Die rolspelers wat grootliks moet bepaal of kwaliteit-onderwys plaasvind, is die skoolhoof, senior personeel en onderwysers. Hulle teenwoordigheid by ’n skool is van kardinale belang. Maar, hulle word ook siek en beleef uitdagings wat hulle daarvan weerhou om vir diens aan te meld. Geldige redes vir verlof is onder andere die bywoon van die begrafnis van ’n gesins- of familielid, die siekte van ’n gade, die geboorte van ’n kind en dringende privaat sake. Die regulasies vereis dat die hoof van die inrigting, of die inspekteur van onderwys (in die geval van die skoolhoof), vroegtydig verwittig word indien dit moontlik is. Waar dit nie moontlik is nie, moet die inrigtingshoof of inspekteur van onderwys op die eerste dag van die verlof so vroeg as moontlik ingelig word. Die nodige vorm moet voltooi word en die nodige motivering, indien moontlik, moet voorgelê word. Verlof is reg binne die konteks van die arbeidsreg, maar beslis nie ’n absolute reg nie. Die skoolhoof kan weier om dit met betaling aan te beveel en dit is die streekdirekteur se plig om dit by die ontstentenis van behoorlike motivering, af te keur.

Die verlof van streekkantoorpersoneel is op ’n ander vlak. Hierdie personeel is gewoonlik professioneel goed opgelei met toepaslike ervaring; of so behoort dit te wees. Hulle is ook verantwoordelik vir die implementering van beleid wat deur die ministerie uitgevaardig word, die evaluering daarvan, regstelling van verkeerde praktyke, ondersoeke en algemene ondersteuning aan skole. Een van die belangrikste take van die streekdirekteur is om toe te sien dat verlof binne die raamwerk van die toepaslike regulasies geskied. Enige geldige rede vir verlofaansoeke moet ook dan vroegtydig aan die streekdirekteur voorgelê word. Dit is uiters belangrik dat hierdie personeellede op kantoor is of skole besoek om hul werk behoorlik te kan doen. Die streekdirekteur is ook geregtig op verlof en om sy kantoor te verlaat, maar dit is noodsaaklik dat hy of sy dit tot die uiterste minimum beperk. ’n Kantoor sonder ‘n toesighouer beteken absoluut niks.

Volgende keer kan ons hierdie bespreking voortsit en ook die kwessie van reis- en verblyftoelaes onder die soeklig plaas. Wanpraktyke, rakende hierdie toelae, is onlangs deur oudminister Esau in die hof in sy borgaansoek aan die groot klok gehang.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.52 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.52 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 288.27/OZ DOWN -0.0153 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0101 | Zinc US$ 2 913.80/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.05/BBP DOWN -0.0029 | Platinum US$ 949.31/OZ DOWN -0.0065 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.52 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.52 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 288.27/OZ DOWN -0.0153 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0101 | Zinc US$ 2 913.80/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.05/BBP DOWN -0.0029 | Platinum US$ 949.31/OZ DOWN -0.0065