Onderwys – Suster Paule-Elizabeth
Ek het in 1983 prinsipaal van die Lordsville Junior Sekondêre Skool op Karasburg geword.
Ek het Saterdag 9 Januarie op die dorp geland. Die warm Sondagmiddag, terwyl ek op die werf van my gasheer, wyle mnr. Du Plessis van die Karasburg Primêre Skool se werf gestaan en oor die woonbuurt uitgekyk het, het ’n hoenderhaan parmantig en op sy tyd oor die straat gestap. Stilweg het ek gevra: “Kleinhans, wat het jy op hierdie godverlate plek kom soek?”
My verhouding met die formidabele Suster Paule-Elizabeth Atiogby en haar medestryder Vader Edmund Fuchs het spoedig hierdie vraag beantwoord. Ek was in Karasburg om te dien!
Suster Paule-Elizabeth het die eerste lewenslig op Lüderitz in 1929 aanskou. In een van ons baie gesprekke het sy my vertel dat die Atiogby’s van Ghanese oorsprong is. Na ’n paar jaar in die onderwys het sy besluit om by die Oblate Susters van die St Francis de Sales Orde aan te sluit. Hier het sy gegroei tot die Moeder-Owerste en in Karasburg het sy die Orde tot en met haar dood gedien.
Suster Paule was ’n geesdriftige onderwyser wat ’n groot impak op die lewens van vele in Karasburg en die suide van Namibië gemaak het. Sy was vir jare verbonde aan die De Porres Primêre Skool, eers as onderwyser en daarna as skoolhoof. Sy het ’n groot hand gehad in die stigting van die Katolieke preprimêre skole op Karasburg en Keetmanshoop. Met die samesmelting van De Porres en die NG Sendingskool het die keuse van skoolhoof van die nuwe primêre skool op haar geval. Getrou aan haar eed en haar noue verbintenis tot die nederigheid van non-wees, het sy ten gunste van die hoof van die NG Sendingskool teruggestaan. Sy het in die pos van adjunkhoof by die Karasburg Primêre Skool aangebly tot en met haar uittrede. Vele van haar oudleerlinge het die onderwys en ander beroepe betree. My twee opvolgers by die Lordsville Junior Sekondêre Skool, ’n voormalige Ombudsman en die huidige minister van onderwys, was van haar leerders. Amper vergeet ek; sy was Afrikaans, Engels, Nama, Frans en Duits magtig.
Suster Paule kon strengheid met groot liefde toepas. Haar “omgee” was groot en dié wat vertroosting gesoek het, kon dit by haar vind. Haar groot bate was die vermoë om die mindere en armes te versorg. En so is ek ook een keer tot hierdie poel van behoeftiges gevoeg. Op ’n yskoue wintersdag het sy my ’n jas uit die kerk se almoeswinkel gegee; vir slegs tien rand. So het ek ook ’n paar splinternuwe hemde uit daai winkel gekry.
Die opgelegde verantwoordelikhede van die Oblate Susters is onderwys, pastorale sorg en sendingwerk. Suster Paule het haar lewe aan onderwys en pastorale bediening gewy. Sy het leiding gegee, getroos waar nodig en mense gehelp om in die geloof te groei. Sy kon ook met ’n tikkie humor hieroor praat. Eendag in ’n gesprek oor die katolisisme merk sy op, “Kleintjie (soos sy my genoem het) ons katolieke het baie dingetjies”.
By die susters het ek geleer dat geen non uitsien na aardse belonings nie. Maar, in 2009 het die Universiteit van Namibië ’n eredoktorsgraad in onderwys en filosofie aan haar toegeken. Werklik, ’n waardige ontvanger en draer van so ’n groot eerbetoon. Getrou aan haar aard en eed het sy nooit suster met doktor vervang nie.
Ek is nie ’n katoliek nie, maar naas die jas en hemde, het sy my ook ’n beeldjie van die heilige Martin De Porres gegee. Sy het my altyd aangemoedig om hom op te roep en deur hom te gaan. Net soos die jas sal hierdie beeldjie my altyd aan haar laat dink.
Hierdie vrou se kragtige lewe van diens sal nie toelaat dat ons haar vergeet nie. Maar, ek dink nie sy sal wil hê dat ons gedurig oor haar treur nie; ons moet haar lewe deur herinnering vier.
Die volgende gedig van Claire Harner (1934) is so gepaste afskeidsgroet.
“Do not stand by my grave, and weep.
I am not there, I do not sleep –
I am the thousand winds that blow
I am the diamond glints in snow
I am the sunlight on ripened grain,
I am the gentle, autumn rain.
As you awake with morning’s hush,
I am the swift, up-flinging rush
Of quiet birds in circling flight,
I am the day transcending night.
Do not stand. By my grave, and cry –
I am not there, I did not die.”
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie