Onderwys – Onderwysstrukture en mandate
In Republikein van 11 April is berig dat ’n aktivis, ene Gariseb, beweer dat die skoolhoof van die Auas Primêre Skool poog om Khoekhoegowab uit te faseer.
Gariseb, ondersteun deur die /Khomanin-gemeenskap, het glo ook die ministerie van onderwys met ’n ultimatum gedreig dat hy sal aandring op die verwydering van die skoolhoof.
Die bewering, die uitfasering van Khoekhoegowab, word versterk deur nog ’n bewering dat die skoolhoof nie baie geneë is om onderwysers met geskikte opleiding in die vak vir aanstelling aan te beveel nie. Die voorsitter van die skoolraad, Rodriguez Masutu, ontken hierdie bewerings.
Edda Bohn, die adjunk- uitvoerende direkteur by die ministerie, erken sy is in besit van Gariseb se klag en dat ’n span bestaande uit hoof- en streekkantoorbeamptes ondersoek sal instel.
Daar is twee aspekte van die hele aangeleentheid wat my interesseer. Eerstens, is dit duidelik dat eksterne lede van die gemeenskap nie waffers ingelig is oor die implementering van kurrikula by skole nie. Tweedens, ’n saak wat op streekvlak gehanteer moes gewees het, het nou ’n prioriteit vir die hoofkantoor geword.
Die Gariseb-Auas geval is duidelik vir die werkskader van streekkantoor bestem. Ek het in ’n vorige rubriek genoem dit het tyd geword dat streekkantore die rokspante van hoofkantoor moet los. Ek verduidelik graag!
Die demokratisering van onderwys op gemeenskapsvlak was een van die hoofprioriteite ná 1994. Dit het onder andere die rasionele ontwikkeling van onderwys ingesluit, sodat toelating tot beskikbare bronne op ’n gelyke en regverdige basis kon geskied.
Van die strategieë wat aangelê was, is die verlening van erkenning aan student- en onderwysverenigings en die stigting van streekonderwysfora en skoolrade. Hierdie liggame het weliswaar nie besluitnemingsbevoegdheid nie, maar hulle is gerat om probleemsituasies aan te spreek en om die streekkantore van raad te verleen. Vanweë die erkenning wat die verenigings geniet, plaas dit hulle ook in ’n gunstige posisie om druk op die onderwysowerhede uit te oefen.
Gariseb het wel die reg om sy beswaar en ontevredenheid bekend te maak, maar dit moes op die tafel van die streekdirekteur geland het vanwaar die ondersoek dan moes geskied het. Ek kry die indruk dat die probleem nou deur hoofkantoor “geëien word” en dat die ondersoek ook deur hierdie kantoor geïnisieër word.
Om watter rede sal die staat instansies (streekkantore, onderwysfora en skoolrade) in die lewe roep, met die mandaat om onderwysbehoeftes op streek- en skoolvlak aan te spreek, net dat probleme geëien word deur hoofkantoor?
Daar is ’n intieme verhouding tussen strukture en funksies; regeringstrukture word juis in die lewe geroep met ’n spesifieke mandaat om bepaalde funksies te verrig. Die toe-eiening van funksies deur hoofkantoor, maak die einste strukture wat daarvoor in die lewe geroep is, nie net magteloos nie, maar ook nutteloos.
Ek dink Frank Lloyd Wright wat gesê het dat, “Form follows function – that has been misunderstood. Form and function should be one, joined in spiritual union”, sou my gelyk gegee het. Hierdie dilemma kan aangespreek word deur die doeltreffende bemagtiging van streekkantore en die deurgee van belangrike inligting aan onderwysgemeenskappe. Ek weet dat streekkantore getrou sorg dat skoolrade vir elke skool verkies word, maar dit is nie die geval wanneer dit by onderwysfora kom nie; hierdie fora verteenwoordig die breë gemeenskapsbelang.
Ten minste een streek waarvan ek weet, en dis die ||Kharasstreek, funksioneer nou al lank sonder ’n doeltreffende en funksionele onderwysforum.
Dit het onderwysdeelname deur die onderwysgemeenskap in hierdie streek geweldig geminimaliseer. – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie