Onderwys – Die skool en gesondheidsrisiko’s
Die berig in die koerante oor die gesondheidskrisis by ’n skool in Erongo, is om die minste te sê, ontstellend. Volgens die koerant sukkel die skool nou al lank met disfunksionele ablusiegeriewe en geen lopende water.
Die kinders maak al vir maande van buiteruimtes gebruik om hulself te verlig; agterna moet hulle ook die ontlasting verwyder. Die gevolg is dat 16 kinders met diarree en vergiftiging gediagnoseer en gehospitaliseer moes word. Die toestand van een leerder was sodanig dat hy/sy in die hospitaal moes bly terwyl die ander ontslaan is. Die ouers is nooit oor hierdie jammerlike omstandighede ingelig nie; dit het uiteindelik by die media uitgekom via ’n personeellid wat verkies om anoniem te bly. Die skool moes uiteindelik op aandrang van die ouers sluit.
Kom ons analiseer die hele situasie om ons eendjies in ’n ry te kry. Die situasie wat vir maande geduur het, moes algemeen bekend gewees het en ek aanvaar dat die ouers hulle ontevredenheid, meer as een keer, aan die skool te kenne gegee het. ’n Mens kan ook aanvaar dat die onderwysers bewus was van hierdie onbevredigende toestand, maar nie die wil gehad het om energiek die skoolhoof tot optrede aan te spoor nie.
Die skoolhoof was terdeë bewus van die haglike omstandighede, maar het, aldus die koerant, ná die uitbreek van die gesondheidskrisis, nie eens die ouers ingelig nie. Hy het glo die koerant na die streekdirekteur verwys.
Dit is ook nie duidelik of die skoolhoof, met ter perse gaan, enige amptelike skrywes waarin hy die streekowerhede oor die dringendheid van die situasie ingelig het, aan die koerant voorgelê het nie.
Die situasie raak al hoe vreemder. Elke skool is deel van ’n inspeksiekring (circuit) wat aan ’n inspekteur van onderwys toegesê word. Optimale kommunikasie tussen ’n skool en die inspekteur is van kardinale belang; dit is die wyse waarop behoeftes van elke skool onder die aandag van die onderwysowerhede kan kom en derhalwe ook aandag kan kry. Verder word dit ook van die inspekteur verwag om inspeksies en ander besoeke aan die skole in sy kring te bring.
Die situasie by hierdie skool moes êrens in ’n amptelike skrywe (skoolhoof na inspekteur) of ’n verslag (ná ’n inspeksie) vermeld gewees het. Daar is geen manier die inspekteur of streekdirekteur kan nou beweer dat hulle nie geweet het nie. Volgens die koerantverslag lyk dit asof die direkteur nou ’n besoek by die skool gaan aflê nadat die ouers die onbehaaglike situasie onder die publiek se aandag gebring het.
Ons het nou die feite, sekere beleidsaspekte en die belangrikste rolspelers; al wat oorbly is om aanspreeklikheid te bepaal. In terme van die in loco parentis-leerstuk moet die skoolhoof redelike maatreëls tref om die veiligheid en gesondheid van die leerders op die skoolperseel te beskerm.
Die onus om tot aksie oor te gaan toe die situasie sy kop uitgesteek het, rus dus swaar op hom. Die skoolhoof kon die medewerking van die departement van werke en die gesondheidsinspekteur van die dorp gekry het. Hy kon selfs die plaaslike streekowerhede en tradisionele owerhede om hulp en ondersteuning genader het. As ’n laaste uitweg kon hy die skool baie vroeër gesluit het! En dan ook, waar was die skoolraad? Waarom het hulle nie druk op die skoolhoof geplaas of self die probleem onder die streekdirekteur se aandag gebring nie?
Na my mening is die werking van die in loco parentis-leerstuk nie net beperk tot ’n skoolhoof nie; die kringinspekteur en streekdirekteur sal uit hoofde van hul toesighoudende verantwoordelikhede ook deel van die skuld moet dra.
Dit gaan my verstand te bowe dat ’n skoolhoof, kringinspekteur en streekdirekteur sulke belangrike posisies kan beklee as hulle nie die sprong van beleid na praktyk kan maak nie. As ’n man (of vrou) jou lyf stokkielekker hou, gaan jy beslis gelek word!
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie