Onderwys – Die problematiek van die ouer leerder
Van my bevredigendste tydverdrywe as onderwysbeplanner was om die jaarlikse skoolstatistieke te bestudeer.
Ek kon baie tyd bestee aan die opstel van Excel-sigblaaie en die trek van grafieke om tendense in die streke te vergelyk. Dis seker nostalgie wat my na die statistiekboeke in my studeerkamer teruggevoer het. In die statistieke van 2022 het ’n paar dinge my opgeval.
Een van die probleemsituasies waarmee die ministerie sedert sy stigting sukkel is om kinders op die gepaste ouderdom in die skool te kry. Volgens die onderwyswet moet elke kind tot ’n skool toegelaat word in die jaar waarin hy of sy sewe jaar oud word. In die jaar onder bespreking is 93 660 leerders tot graad 1 toegelaat waarvan slegs 62 723 (66,97%) sewejariges was. Die leerders jonger as sewe was 8 204 (8,76%), terwyl 22 733 (24,27%) ouer as sewe jaar was. Die drie oudste leerders was 18 jaar oud.
Ingevolge die ouderdomsbepaling in die onderwyswet behoort ’n 13-jarige in graad 7 te wees. Ons kan aannneem dat so ’n kind op die korrekte ouderdom tot die skool toegelaat is en nêrens vasgehaak het nie. ’n Mens kan verder aanneem dat so ’n kind na vyf jaar in graad 12 behoort te wees.
Die statistieke boeke vertel egter ’n ander storie. In die jaar onder bespreking was daar 63 280 graad 7’s waarvan slegs 22 070 (34,88%) 13-jariges was. Leerders jonger as 13 was 3 003 (4,75%) terwyl 38 207 (60,38%) ouer as 13 was. Leerders 19 en ouer was 861 met drie 25 en ouer.
Daar is natuurlik legio redes waarom die ouderdom van ’n leerder nie altyd sinchroniseer met dié van die graad nie. Sommige van hierdie redes kan toegeskryf word aan beleid en toelatingspraktyke.
In 2023 het The Namibian gerapporteer dat die toelatingskoerse vir die landelike gebiede baie laer is as die van die stedelike gebiede. Die outeur van die berig/opinie was van mening dit is ’n bevestiging daarvan dat die desentralisasiebeleid nie juis slaag nie. ’n Ander moontlike rede waarom leerders nie betyds in skole in die noordweste van die land opgeneem word nie, is die nomadiese leefwyse van sommige gemeenskappe.
Jare gelede het ek ’n oorsig oor ’n artikel oor hierdie onderwerp gedoen en tot die gevolgtrekking gekom dat die tentskole nie juis werk nie. Wanneer die boere van een staanplek na ’n ander met beter weiding trek, moes die kinders saam. Die kinders word weer later in ’n skool geplaas, maar op ’n veel ouer ouderdom. Natuurlik word die landelike gemeenskappe ook benadeel deur ’n gebrek aan skole en koshuise. Miskien lê die oplossing in die stigting van gesubsidieerde klein plaasskole deur kommersiële en kommunale boere en kerkgenootskappe. Hierdie is ’n ou praktyk in ons buurland en word bedryf deur een of twee onderwysers op die beginsels van multigraad-onderrig. En natuurlik is daar ouers wat eenvoudig nie hul kinders betyds in die skool kry nie of kinders wat as gevolg van een of ander siektetoestand nie betyds in die skool kan kom nie.
En, dan is daar redes vir hierdie verskynsel wat meer verband hou met die toesighouding deur die streekonderwysowerhede en skool- en klaskamerbestuur. Die aanwysers hiervan is veral swak prestasie deur leerders, meervoudige herhaling, voortydige skoolverlating (dropouts) en swak skooldissipline.
In 2022 was daar 105 022 herhalers waarvan 36% in die junior primêre fase, 35,47% in die senior primêre fase en 15,63% in die junior sekondêre fase was. Wat vreemd opval is die hoë persentasie in die junior primêre fase ten spyte van die implementering van die voorskoolse program.
Leerders wat ouer as die gemiddelde ouderdom van die klasgroep is, kan ’n seën wees. Baie van hulle keer na ’n tyd terug skool toe en is baie meer volwasse. Hulle is stiptelik en hul punte is gewoonlik bo die gemiddelde. Hulle kan leiding neem, veral in die afwesigheid van die onderwyser en kan sodoende help met dissipline.
Aan die ander kant kan ouer leerlinge problematies wees. Baie van hulle is nie veel jonger as beginner-onderwysers nie wat heelwat dissiplinêre probleme tot gevolg kan hê. Hulle ontaard ook weens hul groter fisieke krag in die klassieke skoolboelie. Dan is hulle ook geslagsryp wat tot ongewensde verhoudings en tienerswangerskappe kan lei. Ek dink dat hier baie werk, veral vir streekkantore en skoolbesture, is.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie