Oktober
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Geseënd is jy Oktober
Dankbaar het my hart verower
Oktober mooie maand
Beeldskoon elke aand
Oktobermaand se blou
Grou sal ek altyd onthou
Glimlag inni mooiste maand
Maneskyn weer vanaand
Namib's appelkoos
Ons Oktober Namibroos
Narraville se bos in blom
Welwitschia oggendmis sal kom
Geagte Oktobermaand
Ja, o's is dankbaar elke aand
Oktobermense is goeie mense
Sukses inni hart se spense
Danke Heer elke aand
Vir o's se mooi maand
Oktobermaand is heuningsoet
Glimlag. . . dit is my groet my boet
’n Gedagte vir die wat Oktober verjaar
Moet seblief nie stof vergaar
Oktober skoon en liefdevol
Seënwense by die emmersvol
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie