NSFAF se verlore dogter
Ek glo ek is ’n oop boek en vertel vir myself ek is nie skaam oor wie ek is nie. . . tot iemand my vra waar ek geswot het.
Die antwoord is ek het nie. Ná jare se droom om ’n joernalis te word, het ek met groot moeite vir myself ’n plek by Unam se mediaprogram gekry en al die nodige dokumente by NSFAF ingedien.
Wanneer jou ouers se gesamentlike inkomste presies N$0,00 is, het jy geen ander keuse as om geld by die regering te gaan vra nie. Wel, ek het gevra en NSFAF het toe nee gesê – dit het beteken ek moes opskop.
Met ’n gesig dik van die vorige aand se gehuil, het ek my foon die oggend – nadat NSFAF vir my nee gesê het – geantwoord.
Dit is my mentor – toe nog Leandrea Louw – en sy het ’n internskap waarvoor sy wil hê ek moet aansoek doen. Die enigste probleem is ek sal moet ophou swot. Snaaks dat jy dit sou sê, Lea. . .
’n Paar maande later laat weet ’n universiteitsvriendin NSFAF het hul lys hersien en het wel op die ou end vir my die jawoord gegee, maar dis nou te laat.
Daardie paar maande het toe beteken ek kon ’n voltydse werk in my droomloopbaan kry, maar die droom om te gaan swot het my nog nooit verlaat nie. In ons wêreld – en die huidige arbeidsmark – is ’n graad jou toegangskaartjie.
Die hemel alleen weet hoekom hulle dit eintlik soek – dalk net om NSFAF se vergetenes (soos ek) uit hul weelderige wolkekrabbers te hou. My ma het altyd gesê al kry haar kinders ’n graad in handeviervoet loop, kry net die graad.
Meeste werkgewers gaan in elk geval nie weet of jou graad in handeviervoet loop of deur jou tone sing is nie, want hulle kyk nie lank genoeg nie – hulle soek net ’n papiertjie.
Verlede jaar het ek geworstel om te besluit wat ek wil swot. Dit is ná vyf jaar se werk uiteindelik vir my moontlik om my papiertjie te gaan kry, maar die wêreld is so interessant – wil ek sielkunde, joernalistiek, literatuur, mode of kulinêre kuns gaan swot? Hou ek by dit wat ek het of brei ek my wêreld effens uit?
As ons gesprek in die nuuskamer oor verslagdoening oor selfdood ’n dag vroeër plaasgevind het, sou ek nie ’n dag te laat gewees het vir universiteitsinskrywings nie.
Afgesien van die president se aankondiging dat my universiteitsdroom gratis gaan wees, is ek nou meer vasberade as ooit om daardie stukkie papier te kry, juis omdat daar vrae is wat beantwoord moet word.
Jy sien, die media weet nie of dit onverskillig is om oor selfdood verslag te doen nie – ons is net liewer veilig. Daar is egter geen navorsing wat vir ons die feite kan gee waarmee ons ’n besluit kan neem nie.
Die doktors en meesters by ons universiteite vertel gereeld vir ons hoe belangrik die media is, maar ons het hulle nie nodig om dit te sê nie.
Die media gee vorm aan die gesprekke van die dag en plaas daardie gesprekke in konteks. Die media kan ’n land se denke maak of breek, so dis belangrik dat ons die regte besluite neem, tog is daar geen feite waarop ons ons alledaagse besluite kan baseer nie.
So baie het verander sedert ons geleerdes hulle papiertjies ontvang het, maar met daardie papiertjies kom skynbaar geen insig in die huidige medialandskap en sy uitdagings nie.
Nog minder blyk dit dat die media se slimmes vir ons kan help om oplossings te vind, maar hierdie leemte gaan nie vanself verdwyn nie. Iemand moet intree en dalk, net dalk, is ek slim genoeg om daardie iemand te wees.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie