‘Nou wat van die mans wat deur vroue mishandel word?’
Vroue oraloor Namibië en Suid-Afrika het op Vrydag 21 November 15 minute van stilte (en stilstand) vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld gehou.
Die gesprek het egter skaars op sosiale media begin of daar was ’n paar siele wat tog net nie kon verdra dat iets in hierdie wêreld nie oor hulle gaan nie.
“Nou wat van die mans wat deur vroue mishandel word?” kerm en kla hulle onmiddellik in hul versuim om te besef dat hulle pas nog ’n houtjie op die vuur gegooi het.
Geslagsgebaseerde geweld raak hoofsaaklik vroue – dit beteken nie dit is oukei as mans mishandel word nie. Die beweging gaan oor geslagsgebaseerde geweld en nie oor vroue nie, maar die feit dat jy, Jannie Jammergat, die twee so maklik verwar, bewys eenvoudig weer die punt.
Mans word ook deur borskanker geraak, maar ek kan my indink dat Jannie homself nooit deel van dáárdie gesprek sou maak nie. Dit sou beteken iemand moet vat-vat-voel aan die borste wat hy nie eens het nie en dit kan mos nooit gebeur nie – wat as mense dink hy is gay?
Dit natuurlik gesê met die aanname dat gay mans mekaar se borsspiere voel in hul vrye tyd. Ek is seker daar is ander dinge wat meer aantreklik vir gay mans is.
Ek dink daar is erger dinge om te wees as gay – om van borskanker dood te gaan of aan die hande van iemand wat jou liefde en beskerming beloof het, is een daarvan as jy my vra.
Vir hierdie siele kan daar klaarblyklik niks erger wees as enigiets waarvoor hulle nie ’n persoonlike uitnodiging ontvang het nie, maar wat hulle klaarblyklik nie verstaan nie, is dat niemand hierdie vroue genooi het nie. Hulle het self begin praat en beplan vóór ’n ope uitnodiging aan die publiek gerig is. Hou op wag vir ’n uitnodiging en ’n soentjie op jou voorkop – as jy so sterk daaroor voel, sou jy iets doen.
As jy wou dan sou jy mos, maar jy het nie – en daarom wonder ek of dit vir die rusbankkommentators werklik so ’n groot probleem is. Is dit nie dalk eerder die geval dat hulle net omgee oor mans wat deur geslagsgebaseerde geweld geraak word as ’n manier om die gesprek weg van vroue te skuif nie.
As jy net omgee oor mans wat deur hierdie euwel geraak word om die gesprek oor vroue in dieselfde situasie te ondermyn, dan gee jy glad nie soveel om oor hierdie mans soos wat jy dink nie.
Die waarheid is dat aktivisme vir ons almal is. Feminisme is net soveel vir mans as wat dit vir vroue is. Feminisme vereis ’n wêreld waarin mans hul gevoelens in die openbaar kan uitdruk en kan praat oor dit wat hulle raak, net soveel as wat dit optrede van vroue vereis.
Ware feminisme hanteer mans se kwessies met dieselfde respek as dié wat vroue raak. Enige ander vorm van feminisme wat aan jou voorgehou word, is egosentries, narsisties, of albei.
Op dieselfde manier eis dié beweging teen GBV ’n einde aan hierdie kwessie – ongeag wie dit raak.
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie