’n Vreemdeling en ’n pakkie soetgoed
Net om agtergrond vir my storie te skets, wil ek net sê suiker is ’n verbode middel in my huis. Wees gewaarsku, indien jy vir my kom kuier, sal jy jou eie suiker moet saambring. Behalwe as ek jou meer oor Zylitol, heuning of ’n gunsteling onder die seuntjies, klappersuiker kan vertel.
Moenie dink ek kom my kinders te na nie. Ek het heerlike peuselhappies, stroopsoet en baie gesond in my huis.
Ná drie jaar het die dag aangebreek waar die seuntjies vir die eerste keer skool toe is.
Met die dat ons minder tyd by mekaar deurbring, is ’n bederf op Vrydagmiddag ’n uitstappie Spur toe. Die seuntjies speel en mamma geniet ’n beker koffie.
Voor ons vir ons bederf kan gaan, moet ons eers kruideniersware gaan koop. Die seuntjies protesteer om in die waentjie te sit. Hulle gil en juig en krokodiltrane word gestort. Ek het na die tyd daaraan gedink dat hulle dalk by die skooltjie geoorstimuleer word. Hulle is beslis nie gewoond om so hard te werk of klomp maatjies om hulle te hê nie. So die twee is seker moeg.
Nadat die inkopies gedoen is, besef ek al hul 700 pare sokkies het gate in en geen mens het tyd om dit te stop nie. Dus koop ek nuwes. In die klerewinkel sit die jongste ’n keel op; almal kyk in ons rigting. Ek vergeet alles van gentle parenting wat ek die afgelope drie jaar probeer toepas het en gee vir hom ’n properse kyk. Die oudste besluit net daar en dan hy beter nou sit.
Die stilte was van korte duur, toe begin die trane en die geskree van vooraf. Die vreemdeling voor my – doen toe wat enige man doen – die verkeerde ding. Hy gee vir my kind ’n pakkie “swiets”.
Die krokodiltrane droog vinnig op. Mens sou sweer sy vel is die Namibwoestyn. Dan steek hy sy arm uit en gee die pakkie vir my. “Maak oop.” Sy oë lyk soos daai weerlose hondjies wat net liefde soek.
Ek sien nie kans vir ’n oordosis suiker nie, want in dié stadium van die geveg is enige hoeveelheid té veel. En dit op ’n Vrydagaand. Nee dankie. Ek verduidelik mooi ons moet dit eers vir die tannie gee en dan betaal. Hy aanvaar dit so, maar die trane sit weer vlak. Die pakkie soetgoed verdwyn agter die kassier.
Toe ons uitstap, gaan daar ’n sirene af so huil die kind. Harder as ’n ruk terug. Ek is moedeloos. Ek haal diep asem, tot die oudste se vermaak.
“Mamma gaan nou haar goggatjies uitblaas wat haar hartjie seermaak.”
Ek grawe in die inkopiesakke. Het dit. Gedroogte vrugte. Ek ruk die pakkie so vinnig oop, dis net appelstukke wat in alles rigtings trek. Ons kon ’n paar red voor dit die grond tref. En daar sit hy toe, kieste vol geprop, doodrustig in die waentjie en eet ’n appel.
Toe die seuntjies daardie aand aan die slaap raak, sluip ek uit die kamer. Daar doer bo in die kas, gaan haal ek my weggesteekte mommy-stash uit, en maak my gemaklik onder die kombers met ’n groot glas wyn. Ek verdien dit. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie