Jemima Beukes
Jemima Beukes

’n Ode aan my antie Drieka

Jemima Beukes
Ek ry die ander dag deur Leonardville en die onrustigheid van armoede en hongersnood slaat my in my maag en dit vat my terug na Blok C waar my antie Drieka al wat ’n mens was, aan die hand gevat het.

Antie Drieka se huis was oorvol mense op enige dag, want sy het nooit ’n mens weggewys nie. Haar tong was skerp en so het jy jou storie gehoor, terwyl sy vir jou gemaalde haarslag gekook het, want jy het mos immers gekom toe die kos klaar geskep is.

Haar huis was die halfwegstasie vir plaasboere en plaaswerkers van Karanas en die omtrek, almal het by haar huis kom sit en wag vir ’n “haaik” of net om die bene te rus en ’n teetjie te drink. Haar krisementbos het sommer daar by die buitekraan gegroei.

Haar seuns, Dawid en Charles, het net ge-oor en weer Dolfyn Fish en Chips toe en terug met ’n pint melk op swak dae sodat die ou mense of knorrige Oupa Hendrik (Pa vir hulle) se tee wit genoeg was.

Sy het met daai einste pint melk gou-gou vir Pa kluitjiesop met custard gemaak, voor die kar kom.

Ek verstaan, Karanas se mense het glo daai einste kluitjiesop met custard as voorgereg by Antie Drieka en oorle Oom Hans (ou Mouk) se troue gehad.

Min het destyds geken van voorgereg.

Dit was ook my oom se verjaarsdag laas Vrydag.

Gepraat van Leonardville, toe ek so die kaalvoetkinders sien rondhardloop met hul harde voete wat “doring-proof” is, soos die mense op Rehoboth sê, toe onthou ek hoe Antie Drieka sommer kaalvoetkinders voorgekeer het en vir hulle skoene gewerk het met ’n ou stuk mat wat in die jaart gelê het.

Sommer so in die geselskap het Antie Drieka vir jou ’n hoed of kêps met stukkies lap uit die bruin kas se onderste laai genaai of met die hand ’n kind se stukkende hemp of broek gevat en gewerk.

Antie Drieka se koolstoof was heeltyd aan die bak en brou, haar huis was ’n warm en knus plek, daar was selfs ’n wipstoel in die hoek, waarmee Dawid en Charles so die plaasmense mee getreiter het.

Hulle sou soos wafferse jintelmins vir die oumas die stoel aanbied en skaterlag as die oumas hulle yskoud skrik oor die stoel nie grondvat nie.

Ek meen selfs nou is ’n wipstoel ’n luuksheid, so wie sou verstaan wat dan nou aangaan?

Antie Drieka het selfs tot vir die slingerende dronk mans ook gesorg, sy het kaiangs gekook en gebêre en as hulle so │horo │horo ingekom het, is daai einste kaiangs opgewarm en so oor die pap geskep sodat hulle mies iets in die maag ka het.

Antie Drieka en haar kinders was die gasvryste mense in die blok, maar daarie Dawid kon darem ’n mens se siel uittrek. Ek onthou hoe Charles, die saligste van die klomp, net so hardwerkend soos sy oorle moeder, vir ons ’n sak lekkers kom gee het terwyl ons agter op die kar se bak gsit het op pad plaas toe, toe gryp Dawid dit so van die ryende kar af en lag ons skoon uit.

My hart is nou nog seer, maar ek dra darem vir Dawid in my hart, inteendeel is hy een van my gunstelingneefs. Dawid as jy die lees, skink ’n dop op ’n moeder wie se waarde ver bo korale was.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.92 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.98/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0135 | Zinc US$ 2 869.60/T DOWN -0.17% | Brent Crude Oil US$ 84.93/BBP DOWN -0.0203 | Platinum US$ 948.63/OZ UP +1.48% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.92 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.98/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0135 | Zinc US$ 2 869.60/T DOWN -0.17% | Brent Crude Oil US$ 84.93/BBP DOWN -0.0203 | Platinum US$ 948.63/OZ UP +1.48%