No Image Caption

’n Geskenk van tyd

Theresa van Zyl
Yandi Du Plessis
Dit voel soos nou die dag dat ons 2023 as die nuwe jaar binnegegaan get. Maar nou die dag het verbygesnel met die onstuitlike tik van elke sekonde. Maande het verwissel van seisoen en nou is ons hier – amper in die middel van die laaste maand van die jaar.

Desember voel net ánders as Oktober en November voor dit – wat die bottelnek-maande was, die eksamen drukgang vir leerlinge en studente, onderwysers en dosente. Tyd. Dit was die skaarsste van alles. Te min tyd vir te veel eise.

Selfs geliefde troetelhonde word gestuur om saam met afwesige hondestappers te gaan op hul oggendwandeling. Hy stap soggens, oё gepriem teen die stygende sonstrale en die selfoonskerms wat moeilik sienbaar is in die helderte van die vroegdag. Hondekinders rem aan leibande, wil stop teen ’n paal of ‘n boom vir al die reuk-avonture wat daar naby wagtend warrel. Maar die pas word nie aangepas of gestop nie. Die stap moet oorkom en klaarkom. Soms bondel drie honde aan die een hand se leibande saam, ongemaklik en onder mekaar se pootjies. ’n Groot hond gee een tree, dan moet die kleiner een draf om by te hou. Geen stop, snuif, been lig of verken nie.

Wat eintlik veronderstel is om ’n liefdestydsgleuf van wedersydse oefening en gemeensaamheid en buitelug herlaai-oomblikke vir ’n hond en sy mens-ma of –pa te wees, het net nog ’n plig geword vir ’n werknemer. Die eienaar is te besig vir sy beste vriend, sy vertroueling, die een wat heeldag sit en wag dat die middelpunt van sy lewe terugkom huis toe ná ’n lang werksdag. Dis so tragies dat ons troeteldiere meer as die helfte van hul relatief kort lewens om wag vir ons om huis toe te kom.

Maar dis hoe die lewe geword het, dit hardloop voort, al struikel jou hart of jou krag of jou planne langs die pad – tyd wag vir niemand nie.

En dan kom Desember, besig om te gebeur, te ontvou in Kersversierings en musiek wat winkels ophelder en kinders opgewonde maak oor die vooruitsig op vakansie. Ouers en werkendes smag na die paar dae van rus en net menswees wat in die vooruitsig is. Sommiges kry kamptoerusting en sleepwaentjies, karavane en bakkies reg vir die groot uittog see toe voor en oor Kerstyd.

Desember bring families bymekaar van waar hulle oor die land verstrooi is. Stories en geskenke, verrassings, kos en harte word gedeel. En dan is daar die bewuswording van nóg ’n jaar wat besig is om weg te smelt. Tyd is ’n geskenk wat elkeen van ons ontvang – 24 uur op ’n slag om te gebruik, verby te wens of uit te koop, te verloor in die verlede of te vertroetel in elke oomblik. Ons kry elkeen dieselfde hoeveelheid ure in ’n dag. Ons moet werk, ja. Ons moet versorg en voorsien en ons bes doen. Dis reg en dis goed so.

Maar nou, wanneer jy die kans kry om tyd as geskenk te kry – of dit ’n paar weke of ’n paar dae is – koester dit. Dis kosbaar en dit gaan verby. Neem tyd hierdie laaste maand van die jaar om weer in voeling te kom met jou siel, jou wandeling met jou Hemelvader sonder om gejaagd te voel. Wees net. Voel wat jy voel, dink oor dié dinge wat jy deur die loop van die jaar net weggeskuif het met die innerlike kommentaar van: “Nie nou nie. Later.”

Verwerk daardie verlies wat soos ’n klip op die glas van jou hart geval het. Huil as jy nodig het om te huil, lag wanneer jy oorborrel van die lewe. Wees voluit lief vir dié wat Hy vir jou gegee het om jou lewe mooi en vol te maak. Speel soos ’n kind in die see, in die sand, in die reёn. Laat jou meesleur deur die nostalgie en prag van hierdie Kersseisoen. Rus, slaap, lees en doen dié dinge wat jou siel weer laat huppel en jou hart laat lag. Word stil by jou Vader se voete, rus in Sy sorg en prys Hom vir die mooi om jou, die liefde wat Hy oor jou pad bring en die nabyheid van Sy Gees. Hy is nader aan jou as jou eie asemhaling.

Onthou dit wanneer jy een van dié is wat hierdie seisoen alleen gaan binne stap en deurbring met herinneringe en verlange. Jy is nie alleen nie. Hy verstaan, Hy het jou lief en Hy het groot planne vir jou, dis hoekom jy nog hier op aarde is. Die doel wat Hy met jou lewe het is nog nie volbring nie, al voel dit swaar of seer in die alleen. Ook die alleen tussen mense om jou. Hy verstaan dit. Sien Hom in elke mooi oomblik, sonsondergang, kosbaarheid of bederfie. Dis vir jou. Vat dit, herlaai en wees goed vir jouself.

Dan jaag ons weer ons droom verder met die begin van die nuwe jaar. Vir alles is daar ’n tyd en vir alles is daar ’n rede, want God laat alles ten goede meewerk vir dié wat Hy liefhet en wat volgens Sy besluit geroep is.

- Gasskrywer

- [email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%