Jeanette Diergaardt (001)
Jeanette Diergaardt (001)

Murphy’s law se voet

Jeanette Diergaardt
Julle het seker al van Murphy’s law gehoor. Dit het iets te doen met alles wat verkeerd kan gaan en wat definitief een of ander tyd verkeerd sal gaan.

Ek glo vas ons almal het al daardie dag of tydperk in ons lewe beleef waar jou voertuig breek, dan moet jy sommer dieselfde dag jou hond laat uitsit en daarna word jy summier afgedank. Sjoe, klink rof, né? Wel dit is. Die voorbeeld is ’n klein bietjie oordryf.

Maar julle weet van die dag wanneer jy so woedend is en jou hempsmou haak aan die deurhandvatsel vas, asof die universele gode jou net reg wil ruk en sê: “Hokaai, stadig nou.”

Ek wil dit nou nie oor my lewe spreek nie en dan word dit miskien ’n ware verhaal nie. My Murphy’s law-oomblik het sover elke keer sy opwagting gemaak wanneer ek na ’n nuwe woonstel trek.

Dis asof die klein duiweltjies in my lewe saamsweer en sê: “Kyk, nou moet jy haar tot die uiterste beproef.”

Verlede week het die duiweltjies definitief saamgesweer om my ’n klein bietjie uit te tart. ’n Taxi het my hond gestamp; dit was beide se skuld. Gelukkig is my hond nie dood nie anders sou vandag se rubriek heel anders verloop het.

Ons almal weet ook private veeartse is nie van die goedkoopste nie en definitief nie wat ’n junior joernalis kan bekostig nie.

Net nadat ek die pasiënt by die veaarts gaan haal het toe besluit my twee groot honde om mekaar aan te vat.

Nou het ek nog ’n pasiënt wat my begroting strek, want hy het ’n groot bytwond op sy rug en dis net “gross” want die wond is vol maaiers. Jig... Boonop het ek nog bokse wat uitgepak moet word en ná dié trek, wil ek nooit weer trek nie. As ek alles in daardie woonstel kan in pas, dan kan ek as die wêreld se innoverendse organiseerder aangestel word.

Nog ’n ding, wanneer julle iewers uittrek, in hemels naam maak agter julle skoon. Ek het ’n kleintjie dood aan oonde en kaste wat nie skoongemaak is nie. En moenie eens van ’n vuil stort praat nie. Dis glas mense, was dit asb.!

Maar ja, al was verlede week dubbel-k en middel-a, was daar darem nog dinge wat nie té sleg was nie.

Die nuwe woonstel het darem ‘n uitsig op Metro se agterplaas, dus kan ek nou darem sien wanneer nuwe vooraad afgelewer word. Ek staan selfs deesdae vroëer op om na die oranje en swart bord te kyk.

Ek kan so hier en daar van Windhoek se mooi liggies en berge iewers agter Metro sien. Ek het een van my ouddosent ook verlede week by die Windhoek Woordfees gesien. En ek moet sê wow. “Dok, die optrede was uitstekend. Ek het die honde saam met jou beleef.”

Ja, wat ’n week. Nou moet ek my nog voorberei vir wat voorlê. Die derde honde moet ek laat uitsit. Een van my aangenome kinders. My hartjie sal dit hopelik oorleef en as dit nie, glo ek dit sal plek maak vir nog ‘n paar honde.

Maar o genade, as honde so duur is, hoe bekostig julle kinders? Ek weet nie meer so mooi of die bondeltjie vreugde my beursie beskore is nie. Die petrolprys sal seker eendag hemelhoog wees. Dan sal ek vir my bevalling na die hospitaal toe moet loop.

Dalk sal my skip ook eendag inkom, dan sal ek sommer brandstof gratis aan almal uitdeel. Die enigste probleem wat ek dan sal hê, is as my skip nie weer seil nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A