Murphy, jou duiwelskind!
Ek sê maar net - Vrydag 31 Januarie 2025
Henriette Blignaut – My vriend se naam is Murphy. Waar ek gaan, wat ek doen, Murphy volg my soos ’n skaduwee. Murphy se leuse is: "As iets kan verkeerd gaan, dan sal dit." En dit is gewoonlik die een wat die meeste skade aanrig, wat sy kop uitsteek.
Om die verhaaltjie vir jouself te visualiseer, neem die advertensie van 'n bekende motorvervaardiger en die motorbestuurder wat eers die stortreling verwoes, dan sout op sy pap omgooi, sy aktetas op die grond omkeer en dan moèt lag wanneer die elektriese hek vashaak. Glo my, hy het ook 'n vriend genaamd Murphy. Een dag in die lewe van my en ou Murph, gewoonlik 'n Maandag, het só verloop:
Ek verslaap, word met die klanke van 'n "cowboy" van 'n gewilde radiostasie in die stad wakker, besluit om hare te was, daar is nie sjampoe nie, maar opknapper, daar's nie tyd vir weer was nie en met stewig, ge-oliede hare spring ek in my liefling-aksiepakkie. Halfpad by die deur uit, kom ek agter aksiepakkie het 'n winkelhaak op 'n strategiese plek.
Maar tyd is nou 'n faktor en ek verbloem dit maar so nou en dan met ‘n skaam handjie.
Uiteindelik by die werk, besluit my “blikbrein” om “whê-whê” op sy skerm te flits en skielik net ‘n duisternis agter te laat. Miskien help inkopies.
Loop by die naaste winkel in, pas 'n bloedrooi "Wonderbra" aan om te sien of dit by my ook so mooi sal lyk soos die meisie in Cosmopolitan, en die volgende oomblik kondig die winkelbestuur aan, almal moet die perseel verlaat, daar's dalk 'n bom.
Ek staan bloedrooi in die gesig met 'n bloedrooi nommertjie tussen menigtes in die middel van 'n straat.
Nog is het einde niet, selfrespek en -beheersing word verder getoets.
Eet is nou al troos en by 'n bekende restaurant bestel ek 'n gevulde aartappel. Met een steek van 'n stomp vurk beland warm "ta" binne die ontvanklike skoot van die persoon by die oorkantste tafel.
Onnodig om te sê, dit was nie net sy ore wat gegloei het nie! Ek besluit om liewers te verkas (ek hét eers vir die duiwelse aartappel betaal, dit was seker te veel gevra om dit van die "ontvanger" te verwag, hoewel hy méér daarvan gehad het as ek) en vlug huis toe.
'n Helse kopseer herinner my aan 'n drie-skakering BLOU Maandag saam met Murphy.
Bogenoemde inligting is waar sover die verbeelding strek.
Hier’s egter raad vir ‘n dag saam met Murphy: “Glimlag, môre is dit erger!” – 31 Januarie 1995

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie