Moedertaal en kind
Ons taal
Moederskap verander baie dinge. Vir die eerste keer lees ek die woord “moedertaal” deur ʼn ander bril en ek besef dit verwoord die intieme verhouding van moeder en kind wat ook opgesluit kan lê in die verhouding met jou moedertaal.
Dit impliseer egter ook hoe gekompliseerd daardie verhouding kan wees. Soms keer ons ons na die taal soos ʼn klein kindjie opsoek na die geborgenheid wat die selfvertroue van uitdrukking in jou eie taal bring.
Ander kere wil ʼn mens soos ʼn tiener die deur in die taal se gesig toeslaan: kwaad en skaam en vervreemd.
Net soos met ʼn tiener-identiteitskrisis, ervaar Afrikaanssprekendes soms ook ʼn taal-identiteitskrisis. Hierdie opstandigheid teenoor die taal vind sy wortels in politieke groepsdruk. Taalpolitiek word noodwendig identiteitspolitiek: ʼn kragtige politieke wapen. As jy iemand ontneem van sy moedertaal – die vermoë om homself met selfvertroue uit te druk, dan ontneem jy hom van sy stem, sy agentskap en jy krenk sy waardigheid.
ʼn Gekrenkte groep wat restitusie vir sy waardigheid soek, dra veel meer emosionele gewig en skep soveel meer politieke momentum wat misbruik kan word, aldus Francis Fukuyama wat dit “the politics of resentment” noem.
Ons moet egter nie toelaat dat ons griewe oor die taalpolitiek in Suid-Afrika, Afrikaans in hierdie land ook verpolitiseer nie, want genadiglik sien Namibiërs grotendeels Afrikaans steeds deur die oë van ʼn liefdevolle kind.
Annika van der Linde Vakgroep Afrikaans Universiteit van Namibië [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie