Min dae oor tot die Olimpiese Spele
Dis minder as 100 dae voor die Olimpiese Spele in Parys begin en beste van als, is dat hierdie uitgawe met heelwat nuutjies spog!
Kyk, ek is nie ’n groot sportaanhanger nie, maar die Olimpiese Spele is super-spesiaal – van die ongelooflike openingseremonie, tot wanneer die wêreld se bestes elkeen met ’n medalje spog. Ons hou natuurlik duimvas dat ons weer ’n medalje kan huis toe bring!
Interessant genoeg, was Parys al twee keer in die verlede gasheer vir die Spele, in 1900 en weer in 1924. So, dit het ’n volle honderd jaar geneem om weer ’n draai in die stad van liefde te maak.
Verder meen kenners hierdie Spele gaan die mees volhoubare nóg wees, met die gasheerstad wat onderneem het om die impak op die omgewing so laag as moontlik te hou, veral deur die gebruik van omgewingsvriendelike praktyke in terme van die konstruksie van venues en vervoer.
So gepraat van venues, meeste van die sportsoorte gaan in ikoniese landmerke oraloor die stad aangebied word wat Parys se geskiedenis met moderniteit bymekaar bring. Hulle sê dat van die Stade de France tot die Champs-Élysées, gaan atlete en toeskouers die geleentheid kry om van Parys se bekendste landmerke in ’n nuwe en opwindende konteks te ervaar.
Dan is daar ook vanjaar ’n paar nuwe sportsoorte op die spyskaart, soos skaatsplankry, sportklim en branderplankry. Wie sou ooit dit kon indink? Blykbaar is die doel hiermee nie net om jonger gehore te lok nie, maar ’n teken dat die Spele altyd reg is om nuwe sportsoorte en neigings in te skakel.
Die Spele maak dit ook vanjaar ’n prioriteit om geslagsgelykheid te bevorder, met ’n gelyke aantal manlike en vroulike atlete wat gaan deelneem.
Soos die Spele bybly met sportsoorte en geslagsgelykheid, gaan die jongste tegnologie ook al hoe meer gebruik word. Volgens die organiseerders sluit dit innovasies in soos “augmented reality”, virtuele realiteit en regstreekse strome wat die kykervaring vir Olimpiese aanhangers wêreldwyd gaan verbeter. Die digitale vooruitgang, sê hulle, maak beter toeganklikheid en meer betrokkenheid moontlik.
Ons sal maar moet wag en sien hoe dit gaan lyk, maar ek is opgewonde!
Soos meeste mense sal weet, kos die Olimpiese Spele vir enige gasheerstad in meeste gevalle veel meer as wat hulle op hulle belegging terugkry. Maar hierdie keer sê die organiseerders die Spele gaan hand aan hand met verskeie erfenisprojekte wat daarop gemik is om die stad en sy inwoners te bevoordeel lank ná die Spele verby is. Hulle sê dit sluit in verbeterings aan infrastruktuur, stedelike ontwikkelingsinisiatiewe en beleggings in gemeenskapsprogramme in. Kom ons wag en kyk.
Hulle gaan ook blykbaar veel meer fokus op die welstand en bemagtiging van atlete, veral in terme van geestesgesondheid en loopbaanontwikkeling. Dit met die oog op ’n meer inklusiewe sportomgwing... Wat ook al dit mag beteken.
Of al hierdie planne ’n werklikheid gaan word, sal ons oor so drie maande sien. Wat wel ’n gegewe is, is dat die Olimpiese Spele vir hope opwinding gaan sorg en ek kan nie wag om dit mee te maak nie – al is dit in die gemak van my sitkamer!
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie