Mense met ’n eie styl
Errol Hurter – ‘MERRIM!’ Die Kaapse Parade is ’n kleurvolle mengelmoes van groentesmouse se kraampies.
“My merrimpie! Lekka eiwe en preime!”
Die merrim waai met ’n ringbelaaide hand en stap neus in die lug verby.
“Ag nei, hoe lyk die merrim dan tog soe sed? Los dan ma’ ieder die eiwe virrie trane en die preime virrie suur. Hoe lyk dit met ’n lekka smilende banana?”
Die Kaapse snobbies het mos so ’n air op hulle. Kan soort van ook nie anderster nie, want hulle het die bloue sie, hulle het die mooie ou Mounteng (want die Valies het vir Gauteng) en hulle het Kaapse humor. En daai’s nou iets om oor te brag.
Nou, sal ek ma’ sê, Kaapse humor werk soes ’n tripswitch. Hy trip al jou befoeterdgeite dat jy nie anderster kan as om te lag nie. Hy trip jou suffering solat jy weer kan aangaan met die lewe.
Die lewe is in any case klaar soe complicated. Ek praat nou van die rat race. Nes jy dink jy is besig om daai reisies te wen kom daar ’n vinniger rot verby.
En die pressure! Allie ladies met die sellulite gaan na weigh-less – en dis ôk nie juis van pay-less nie, ieder van eat-sum-more na die tyd. En die ouer ladies draf tupperware-lywe daar uit. I ask you.
Nie, laat ons dan ma’ die Kaapse jokie crack, anderster crack óns dalk. Met diesdae se stomach troubles wiet mens nooit. Ja-nie, dis ma’ bieter om nie die wêreld kop toe te vat nie, djou kop is any case té klein.
Nou het hierdie Capie al geleer dat Kaapse humor sy eie character het. Een ding van daai humor is dat hy jou lekka op jou plek kan sit. Miestal totally unexpected.
Soes die boertjie wat die two Capies vir ’n ride wou vat toe hy virrie Chinas vra of hulle perhéps ’n lorrie vol baboons sien verbyry het.
En sonder om twee maal te dink sê hulle vir hom: “Nei, het djy dan afgeval?”
En dan is daar nog iets omtrent Cape humour. En askies virrie wals, ma’ nou praat ek straight. Gêbruik Kaapse jokies tog met style, nê? Nie vir social injustices nie. Nie vir slegsê nie. Nie vir everyday use nie. Ek mien te sê, dis ’n erfenis wat mooi bewaar moet word. Want as die jokies opraak, wat gaan dan oor wees om te export? Die Kaapse brandewynboempies het nie die helfte soveel culture nie.
En nou, soe van erfenis gepraat: Kaapse humor is ’n ingebore ding vir dié wat van die Mother City af kom. Dit is oorgeërf. Moenie my g’n niks vertel dit het met Prôvince en Valies uit te waai nie. Ek wiet. My een oempie woon mos daarsô. Ons Capies is ma’ net bieterder gewoond. Daais ma’al. En om honest te wies, dit het seker ôk ma’ te make met die air saam.
But don’t blame it on us. Blame it on history. Almal wiet mos diesdae how. En vir oulaas. Newwer, newwer say Kaaps is ’n mixture van Ingels en Afrikaans.
Ingels en Afrikaans is ’n watered-down version van Kaaps. I mean, wie het after all vir Biestapote en Denk aan dat his ver van hier gesing toe die Boere nog geêxperiment het In an English Country Garden? En djy kan nou ma’ protest soos ’n brommer in ’n jêmbottel.
Ek’s net bietjie honest. Ja-nie, die kiesspiere moet ma’ begin leer ken van smile. Dis wat modern man diesdae van norag het. Ek dog ek sê ma’ net. – 7 Mei 1996


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie