'Makantas' vir ontbyt
Ek sê maar net 30 jaar gelede
Toe was daar die man wat ’n taal meer kaperjolle kon laat uithaal as wat ’n tiener met ’n stuk kougom kon doen.
Die eie skeppings word suiwer uit intuïsie gebore, altyd oorspronklik en amusant, maar daar is nie altyd ’n logiese verband tussen sy nuutskepping en die werklike woord nie.
Soos die oggend toe hy op pad na ’n naburige dorp was. Waarheen gaan hy vanoggend? wil sy vrou weet.
“Na Susan’s Court,” kom die kalm antwoord. “Waarheen?!” vra sy vrou verstom.
Wanneer daar wel ’n verband tussen sy woord en die eintlike woord is, moet jy wel ter tale en vlug van verstand wees om vier te kry as jy twee en twee met mekaar vermenigvuldig.
“Sannieshof,” kom die nonchalante verduideliking. Sy knik net haar kop moedeloos.
Eiers is lekker goed, veral as dit saam met uie gebraal word, maar, beduie hy vir sy vrou, makantas is nie goed vir sy cholestrol nie. Sy vrou lag oor die “makantas” want dit is ’n vervorming van ’n woord uit ’n inheemse taal waarvan hy die tongklap nie kan uitspreek nie.
Vir rook het hy nog nooit trek gehad nie. As kind het hy en sy ouer broer skelm agter die tabakskuur gerook om te sien waaroor al die bohaai gaan. Hul pa het hulle elkeen ’n loesing gegee. Dit het hom vir goed van ’n rooklus genees. Van toe af het hy hom openlik teen rook uitgespreek.
“Stokraaits is duur en ongesond,” is sy opinie en nie een van sy kinders het ooit lus gekry om “stokraaits” te koop en te rook nie.
Die vragmotor staan langs die pad en smous met sy ware.
“Hy verkoop katpere en pettes,” sê die meisiekind. “Katpere” lei die bestuurder af, is “avokadopere”, maar wat is “pettes”?
“Perskes natuurlik,” sê die meisiekind asof hy onnosel is om dit nie te weet nie.
Soos die deursitboerseun is hy lief vir vleis. Veral as dit ’n stuk vet aan het. Sy vrou en dogter gril altyd vir die vet. Buitendien is hulle bekommerd oor hul rondings en die badkamerskaal se onverbiddelike vonnis. Namate die jare aangerol het, moes hy die vet aan die “flumf” afsny. Nog later moes hy saans los om “flumf” te eet. Daaroor skud hy net sy kop selfbejammerend.
“Flumf saans laat my nagmerries kry.” Liewer lekker slaap en vleis los.
’n Groot voorliefde is druiwe, sommer so van die tros in die prieel gepluk. Hy ryg die “grapies” in dat dit lyk soos tennisballe wat by ’n tennismasjien uitskiet. Hanepootdruiwe is sy gunsteling. Hieroor is hy taamlik vol fiemies want die druiwe moet stroopsoet wees voordat dit sy goedkeuring wegdra. “Die cockspur is vanjaar ’n mislukking,” verkondig hy.
“Die goed is suur.” Maar soet “cockspur” ryg hy in soos ’n matroos nie kan droom om vloekwoorde in te ryg nie.
Hy is nie juis ’n kranige fotograaf nie en jy kry hom nie sommer om vir ’n foto te poseer nie. Die geleentheid moet baie spesiaal wees voordat jy hom sover kry om hom te laat afneem, of jy moet die foto steel. Maar hy kyk graag na “potatographs”, veral as dit van ’n mooi en interessante plek is.
Sy behendige woordgebruik frustreer sy vrou menigmaal. As hy en die meisiekind eers of dreef is, moet sy óf boekgeleerdheid hê óf mal wees (verkieslik albei) om hulle te verstaan.
“O, mein Papa!” – 17 Mei 1995

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie