Lyfstraf
’n Insident waar ’n ouer onlangs ’n onderwyser by ’n sekondêre skool met ’n skroewedraaier gesteek het omdat sy kind geklap is, het my ver laat terugdink.
Ek het ’n houtwerk-onderwyser gehad. Meneer Henry (Big Mac) McKenzie (mag sy siel in ewige vrede rus), was ’n reuse, vreesaanjaende man met ’n bulderende stem en ’n hart van goud.
Hy het jou bang geslaan met sy manier van slae uitdeel en sy wye verskeidenheid van rottangs.
Wanneer Big Mac pakslae uitgedeel het, kon die een aan die ontvangkant kies of jy gebukkend wil gaan staan of plat op ’n tafel wou lê vir jou “ses van die bestes”.
Jy kon ook jou houe een vir een neem of sommer alles in een sarsie ontvang en is soms nie toegelaat om jou agterstewe te vryf ná ’n hou of houe geval het nie.
Daar was altyd ’n toutrekkery oor wie eerste moet gaan sak vir sy pakslae. Ons het geglo dat die eerste houe die seerste maak want Big Mac was mos aan die begin altyd kraakvars en vol energie.
Indien jy slim getrek het en nie jou pakslae wou vat nie (ja, sommige het probeer weier) het meneer sommer van die gewillige seuns beveel om jou vas te vang en jou oor ’n tafel te trek sodat hy jou straf kon uitdeel.
Big Mac het rêrig hard geslaan en terwyl hy jou so gepynig het, het hy altyd ’n liedjie soos byvoorbeeld Queen se “Another one bites the dust” geneurie soos hy die houe op jou agterstewe neergelê het.
As teenvoeter en om die knal te demp, het ons (seuns) altyd ’n sakdoek of stoflap in ons agterste broeksak gedra. Met verloop van tyd het ons sommer voerings aan die binnekant van ons broeke aangewerk om die lyding te verlig.
Ek onthou een van my vriende was so bang vir meneer se houe dat hy so ver gegaan het om ’n stukkie tjoep (binneband) in die binnekant van sy broek vas te werk.
Toe hy sak vir sy pakslae en met elke hou wat val, kon ons sien hoe die rook letterlik en figuurlik op sy agterent draai. Die aanvanklike storie is gewysig en het gou versprei – meneer McKenzie slaan ’n barshou en beskik oor die vermoë om jou agterwêreld aan die brand te moker, so pasop!
’n Ene meneer Les (ook oorlede) het die ongehoorsame ouens weer laat “skrum” waneer hy pakslae uitgedeel het. Jy moes jou arms uitstrek en jou hande op die swartbord se silwer ysterreling plaas (waarop die kryt en uitveër gewoontlik geplaas is) met jou kop aan die onderkant van die reling.
Met elke hou wat val het jou liggaam opwaarts geruk en jou kop sodoende teen die reling gekap. Die rottanghou was jou straf en die kopstamp het ten doel gehad om glo jou geheue te verfris.
Ja, lyfstraf op skool is mos ingevolge die Namibiese Grondwet verbode, nou klap ons maar mekaar en steek mekaar met skroewedraaiers.
Waar gaan dit eindig?
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie