Leierskap vir leke – Etiese leiers gaan te voet
“Vertroue kom te voet en gaan te perd.” – Afrikaanse uitdrukking
Die 2025 Edelman Vertroue-barometer skets ’n teneerdrukkende prentjie van moderne samelewings. Volgens hul jongste navorsing glo 69% van respondente hulle kan nie hul regeringsleiers vertrou nie, 68% is wantrouig teenoor hul sakeleiers en 70% het geen geloof in mediaberiggewing nie.
Inteendeel, dis nie net ’n kwessie van klassieke sinisme nie, die deelnemers aan die studie was van mening dat hedendaagse leiers doelbewus ander mislei deur uitsprake wat vals of uitermatig oordrewe is. En dis die mening van 33 000 respondente in 28 lande wêreldwyd.
’n Studie deur die HOW Institute for Society reken net 16% van bestuurders en 12% van uitvoerende beamptes demonstreer voortgaande morele leierskap.
Wat maak ’n leier eties? Een raamwerk om etiese leierskap te beskryf is bekend as FATHER – Fairness, Accountability, Trust, Honesty, Equality, Respect.
– Regverdigheid (Fairness): Regverdige leiers skeer almal oor dieselfde kam, in die slegte én goeie tye, sonder vooroordeel of begunstiging.
– Verantwoordbaarheid (Accountability): Leiers neem verantwoordelikheid vir regte én verkeerde besluite. Dis die “die bus stop hier”-leiers wat nié die blaam verskuif nie.
– Vertroue (Trust): Etiese leiers weet vertroue is die grondslag van enige persoonlike en professionele verhouding. Vertroue word gekweek deur betroubaarheid en deursigtigheid en wanneer leiers daad by woord voeg.
– Eerlikheid (Honesty): Eerlikheid se fondasie lê in waarheid en ontvanklikheid. Eerlike leiers skep ’n veilige omgewing vir mense om oor moeilike aangeleenthede te praat.
– Gelykheid (Equality): Leiers behandel alle mense as mense, sonder om te diskrimineer. Etiese leiers bied aan alle volgelinge gelyke geleenthede en ondersteun diversiteit en insluiting.
– Respek (Respect): Uitnemende leiers toon respek vir ander se gevoelens, regte en opinies; selfs wanneer daar meningsverskille is. Elke navolger se bydraes en sienings word waardig geag.
Navorsing het reeds bewys dat 70% van werknemers se betrokkenheid by hul werk (employee engagement) deur hul bestuurders gedryf word, juis omdat leierskap navolgers se gedrag positief of negatief kan dryf.
’n Tekort aan etiese leierskap is gewoonlik ook ’n sleutel oorsaak van navolgers se wangedrag, terwyl etiese leierskap in der waarheid die proses is waardeur die leier hul etiese norme deur sosiale identiteit en -leer aan hul volgelinge moet oordra. Verdere studies ondersteun die beginsel dat etiese leierskap in sakeondernemings, hoër werknemersmoraal bou wat direk die winsgewendheid van organisasies beïnvloed.
Die Japannese sê dat ’n reputasie van duisend jaar deur die optrede van een uur bepaal word. Dit is hoekom dit belangrik is dat ondernemings etiese gedrag by hul leiers en werknemers bevorder, deur:
– Te verseker dat etiese gedrag van bo na onder deurgevleg word in die bedrywighede van die organisasies – dit begin dus by senior leiers wat die voorbeeld stel.
– Leiers aan opleiding en afrigting (coaching) bloot te stel en te verseker dat duidelike rolverwagtinge gekommunikeer word.
– Etiese gedrag deel te maak van posbeskrywings en prestasiebeheer.
– Etiese gedrag as deel van die algehele organisatoriese kultuur vir alle werknemers ingedryf word, ook dié wat nie in leierskaprolle is nie.
Soos die uitdrukking ons vertel: vertroue kom te voet en gaan te perd – dis tyd vir etiese leiers om hul beste stap(hardloop?)skoene aan te trek, want die perde gaan in troppe verbyjaag!
•Annemarie Schullenbach is ’n navorsings-, besigheids- en bemarkingskonsultant met ’n meestersgraad in besigheidsleierskap en veranderingsbestuur van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie. Sy het meer as 20 jaar se professionele ondervinding in die private en openbare sektor, in leierskap, strategie en navorsingsbepaalde belangstellingsvelde.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie