Leierskap vir leke – Eko-leiers: Om ons van onsself te red
“Ons het leiers nodig wat ekologies kan dink, eties kan optree en sistematiese verandering kan inspireer. Eko-leierskap is nie opsioneel nie, dis noodsaaklik.”
– Simon Western, leierskapskenner en denker
Iewers tussen die derde en vierde nywerheidsrewolusie het die mensdom so op outomatisering, optimalisering en digitalisering gefokus geraak dat ons die menslikheid uit produksie en produktiwiteit gehaal het.
Deesdae word mense soos robotte behandel, en robotte werk soos mense. Nou, met die vyfde nywerheidsrewolusie poog ons om die balans te herstel – nie deur tegnologie te verwerp nie, maar deur dit met menslikheid en volhoubaarheid te belyn. Kern tot hierdie skuif is ’n kragtige hefboom: eko-leierskap.
Op die oog af klink dit of eko-leierskap met klimaatsbetogings alleen verband hou. In werklikheid beskryf eko-leierskap ’n praktiese styl wat innovasie deur etiese optrede en die interafhanklikheid van stelsels aandryf. Agter die konsep is dr. Simon Western wat sy werk toespits op die ingewikkelde netwerke van ekostelsels waarin ons as individue leef, hetsy ons sosiale, natuurlike, digitale of organisatoriese stelsels. In ’n netwerk-era gaan leierskap nie meer oor bo-na-onder bestuur nie, maar oor verreikende invloed, aanpasbare strategieë en bewustelike impak. Eko-leiers lei nie net vir nóú nie, maar ook vir die toekoms van ons planeet en ons nageslagte.
Ons het gesien wat gebeur wanneer innovasie van verantwoordelikheid ontkoppel word. Nywerheidsrewolusies het tot dusver ongekende doeltreffendheid meegebring, maar ook maatskaplike ongelykheid vergroot, die digitale gaping versterk en natuurlike hulpbronne op ’n groot skaal uitgeput. Die vraag is nie meer óf ons kan innoveer nie, maar hóé ons dit verantwoordelik kan doen.
Eko-innovasie, wat volhoubaarheid bevorder, is die antwoord – of dit nou slim stede soos Addis Abeba is wat kunsmatige intelligensie gebruik om afval in energie om te skakel, of groen geboue soos die Bullitt Centre in Seattle wat meer energie opwek as wat dit verbruik. Die beginsels van eko-innovasie is duidelik: volhoubare ontwerpe, intelligente gebruik en etiese leierskap. Daarom lê die toekoms van leierskap daarin dat dit inklusief en ingewortel is.
In praktyk beteken eko-leierskap om:
* Volhoubaarheidsdoelwitte in alle departemente van ’n organisasie strategies te integreer.
* Groen “intra”preneurskap by ondernemings aan te moedig en spanne geleenthede te gee om met beperkte hulpbronne te eksperimenteer en waarde toe te voeg.
* Die gebruik van digitale instrumente, soos kunsmatige intelligensie en die internet-van-dinge aan te moedig – nie net ten gunste van die organisasie nie, maar ten bate van die samelewing en omgewing.
* Etiese stelsels aan te moedig in elke sakebesluit, in elke faset van die waardeketting, die gemeenskap en ekostelsels.
Eko-leierskap is meer as net sakebestuur, dis die nodigheid om strategies eko-intelligent te wees. Die mees vooruitdenkende maatskappye gaan dié wees wat besef hul mededingende voordeel lê nie net in data of outomatisering nie, maar in mense en hul natuurlike omgewings. Tegnologie alleen gaan nie ons omgewingsuitdagings oplos nie, omdat ons reeds in ons gejaag na méér, die mees kritieke komponent van die samelewing verontagsaam het: onsself. En daarom is daar ook net een redder vir ons krisis: onsself.
*Annemarie Schullenbach is ’n navorsings-, besigheids- en bemarkingskonsultant met ’n meestersgraad in besigheidsleierskap en veranderingsbestuur van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie. Sy het meer as 20 jaar se professionele ondervinding in die private en openbare sektor, in leierskap, strategie en navorsingsbepaalde belangstellingsvelde.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie