Leierskap vir leke – Dak of doolhof?
“Ons dink steeds aan ’n magtige man as ’n gebore leier en aan ’n magtige vrou as ’n uitsondering.”
– Margaret Atwood: Skrywer, digter, feministiese kritikus
Die meeste mense is bekend met die konsep van ’n “glasdak” – waar vrouens ’n onsigbare hindernis bereik in hul strewe om die korporatiewe leer te klim. Maar baie keer moet vroue nie net één groot struikelblok oorwin nie. Vir vroue is daar verskeie uitdagings wat te bowe gekom moet word as hulle hoër leierskapposisies wil beklee. Vir skrywers, Alice Eagly en Linda Carli (2007) is dit nie ’n glasdak nie, dis ’n doolhof.
Daar mag dalk ’n leer van sukses wees, maar daar is nie ’n leer vir vroue in leierskap nie. Vir vroue om hulself in ’n leierskapposisie in te werk, gaan gepaard met ’n rits uitdagings – amper soos daai speelplek in Windhoek waar jou kleuters vir vier ure kan wegraak tussen klimrame, speelballe en tonnels, en ’n jaar ouer aan die ander kant uitkom.
Hoewel Namibië een van die lande in die wêreld is waar geslagsgelykheid in leierskap heelwat gunstiger as in ander lande is, moet vroue nogtans meer klimrame en doolhowe navigeer as hul mans-eweknieë. Hierdie hindernisse kan hoofsaaklik in drie kategorieë verdeel word: Menslike hulpbronne, geslagsverskille en vooroordeel.
Verskille in menslike hulpbronne sluit onder meer ’n laer belegging vir vroue in onderwys, opleiding en werkservaring in. Interessant genoeg, volgens Namibië se Statistiekagentskap (NSA) het meer vroue as mans in ons land ’n tersiêre kwalifikasie; en beklee dié groep vroue 52% van bestuursposisies – in hierdie opsig dra Namibië ’n uitsonderlike kroon, maar dit is nie die geval oraloor die wêreld nie. Baie vroue se leierskappad loop omdraaie deur swangerskap, moederskap en die tradisionele verwagtinge van vroue in kindersorg.
Dan is daar geslagsverskille – vroue moet sterk wees, maar nie té “mannetjiesagtig” nie. Hulle moet beslissend optree, maar nie aggressief nie. En selfbevordering en onderhandelinge kom met ’n arrogansie-etiket. Navorsing het egter bewys dat dié stereotipe – dat vroue meer verhoudings- as taakgerig is, ’n wanopvatting is. Heersende vooroordele en stereotiperings is beperkend – nie net vir vroue nie, maar ook vir organisasies en samelewings.
Navorsing het wel bevestig dat vroue meer demokratiese, deelnemende en transformasie-leierskap toon. Die beleggingsmaatskappy, Investec, het bevind dat die wêreld se bruto binnelandse produk (BBP) met US$28 triljoen kan groei as geslagsgelykheid in die wêreldekonomie toeneem. Ander navorsing het uitgelig dat geslagsdiverse maatskappye hul regulering van omgewings-, sosiale en korporatiewe (ESG)-funksies verbeter, met dié organisasies wat 39% minder skadelike gasse vrylaat, 64% minder energie en 46% minder water verbruik. Bedrog neem af en werknemers se toestande verbeter.
Hier is wenke om die doolhof vir vroue plat te vee:
– Daag die narratief uit: Leierskap is nie iets waarmee mans uitsluitlik geseën is nie – dis ’n kombinasie van ondervinding, geleentheid, deursettingsvermoë en erkenning – toeganklik vir almal.
– Die idee dat “magtige” vroue ’n uitsondering op die reël is, moet hervorm word. “Mag” en “geslag” is nie sinonieme nie.
– Wanneer bevorderingsgeleenthede in organisasies ontstaan, moet leierskap gesien word as ’n geleentheid vir groei, eerder as die soeke na ’n “gebore” bestuurder.
– Vroueleiers moet sigbaar gemaak word – hulle is nie “one hit wonders” nie, hulle is die status quo.
Om vroue uit die doolhof te haal, is ’n strategiese skuif tot organisatoriese sukses.
* Annemarie Schullenbach is ’n navorsings-, besigheids- en bemarkingskonsultant met ’n meestersgraad in besigheidsleierskap en veranderingsbestuur van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie. Sy het meer as 20 jaar se professionele ondervinding in die private en openbare sektor, in leierskap, strategie en navorsingsbepaalde belangstellingsvelde.
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie