No Image Caption

Lag saam

Van GerhardM:

Ek lees iemand sê: Snaaks dat vegetariërs wat so lief is vir diere nie skroom om die diere se kos op te eet nie.

~~~~~~~~~~~~~

Uit savryskutskrywer.co.za:

Moet nooit die waarde van ’n goeie poefleser onderskat nie.

* * *

Gehoor:

Bettie: “Pragtige seuntjie van jou! Hy is seker ’n laatlammetjie?” Sarie: “My man sê eintlik meer van ’n nalatigheidslammetjie.”

~~~~~~~~~

Wie het nou gedink dat eiers so skaars soos hoendertande sou raak?

~~~~~~~~~~

Van LouisaH:

Opskrif in Maroela-media: “Trop skape vreet 100 kg se dagga op.” Iemand se kommentaar onderaan: Gemariuaneerde tjoppies

~~~~~~~~~~~~~

Van HermanH, uit Clean Laffs:

’n Span Britse ingenieurs het ’n kar ontwikkel wat op menslike afval loop. Ek wed jou dat die “nuwe kar-reuk” nie baie lank hou nie. – Jay Leno

Kommentaar

Republikein 2025-11-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer