Lag saam
Van HermanH, uit Clean Laffs:
Die huiswerkopdrag vir my Spaanse klas was om ’n paragraaf te skryf. Toe ek hul vraestelle terugbesorg het, het ek een student gevra of hy Google translate of enige ander aanlyn vertaler gebruik het om sy paragraaf te skryf. Hy het dit kategories ontken. Dit het gelei tot my volgende vraag: “Hoekom is hierdie paragraaf dan in Frans?”
* * *
“n Matador in Spanje word ondersoek nadat ’n video opgeduik het van hom wat ’n stiergeveg hou terwyl hy sy vyf maande oue babadogtertjie in sy arms vashou. Maar om eerlik te wees, dit was “Neem jou dogter werk toe”. – Seth Meyers
* * *
In ’n kroeg: Koos: “Jy het dus ’n baie stil leefwyse tuis, Harry?” Harry: “Ja, maar dit kan alles baie onverwags verander.” Koos: “Hoe so?” Harry: “My vrou kan dalk weer met my begin praat.”
~~~~~~~~~~~~~~
Nog ’n man en ek deel ’n sluitkassie by die werk. Toe ek sien dis ’n kombinasieslot, wonder ek wat die kode sal wees. My maat sê hy sal besluit op iets en die volgende dag vir my ’n briefie los. Maar wat van die sekuriteit? Ek was verniet bekommerd. Toe ek by die werk kom kry ek ’n briefie: “Die kombinasie: Eerste syfer, trek 142 af van jou hoogste telling toe ons gaan pinball speel het. Die tweede syfer is 16 minder as dit. Om die derde syfer te kry, trek R187 af van die bedrag wat jy my skuld.”
~~~~~~~~~~~~~~~
Grappies uit makeitclearnow.org:
In die ou dae voor predikante mikrofone gehad het, kry hierdie predikant toe ’n lapelmikrofoon. Hy is ’n ywerige prediker en loop heen en weer, en pluk-pluk aan die kabel soos hy rondstap. Naderhand vra 'n dogtertjie aan haar ma: “As hy loskom, sal hy ons seermaak?”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie