No Image Caption

Lag saam

Uit ons argief:

Van HermanH, uit quotes.of.the.day:

’n Akwarium in die Verenigde Koninkryk sê dat hulle die wêreld se eerste vegetariërhaai besit. Of dit, of hulle bak ’n baie lelike poets op Nigel die tenkskoonmaker. – Jimmy Fallon

* * *

“Juf, is het waar dat grote roofvissen kleine sardientjes opeten?” “Ja,

Brammetje, dat is echt waar.” “Maar hoe maken die vissen dan zo’n blikje open?”

~~~~~~~~~~~~~~~

Van HermanH, uit Clean Laffs:

Ek het nie my bestuurstoets geslaag nie. Die ou het my gevra: “Wat doen jy by ’n rooi lig?” Ek dink so ’n bietjie en sê toe: “Ek weet nie, kyk rond, luister bietjie musiek?” – Bill Braudis

~~~~~~~~~~~~~~

Ek is gister uit die akwarium gejaag. En die ergste is, hulle wou nie my visstok teruggee nie!

~~~~~~~~~~~~~

Wyshede vir die week:

* Jy kan nie die see oorsteek deur na die water te staan en staar nie. – Rabindranath Tagore

* Ons weet wat ons is, maar weet nie wat ons mag wees nie. – William Shakespeare

Kommentaar

Republikein 2025-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer