Lag saam
Gehoor by JohanW:
Die outjie is in die army en sy ma herinner hom om sy oumagrootjie met haar honderste verjaardag geluk te wens. Hy maak so: “Baie geluk met Ouma se
verjaarsdag. Vasbyt, min dae.”
~~~~~~~~~~~~~
Van KoosS:
Die ou van Witbank is in Bellville, haastig op pad Waterkant toe. Hy sien 'n ou op die sypaadjie en vra hom: “Wat is nou die gouste manier om by die Waterfront uit te kom?” Gatiep: “Meneer, loop jy of ry jy?” Die ou: “Ek ry.” Gatiep: “Nei, daais die gouste.”
~~~~~~~~~~~~~
Van KareldP:
Tekens dat jy NIE tot die adelstand behoort nie:
* Jou bure dink jy is 'n speurder want die polisie bring jou altyd huis toe.
* Die halloween-pampoen op jou stoep het meer tande as jou meisie.
* Jy is al drie keer getroud maar jou skoonouers bly dieselfde.
* Jy dink girls wat nie in jou belangstel nie, bestaan nie.
* Iemand in jou familie is al dood is nadat hy gesê het: 'Haai, tjek hier, wat's dit?'
* Jou vrou se hare het al vasgesit in die dakwaaier.
* Jy het een volledige stel koppies en almal sê Wimpy.
~~~~~~~~~~~~~~~

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie