Kortbroek-kaskenades
Etsê, julle!
Ek kom so paar weke gelede ’n snaakse ding oor.
Kom ek skets gou ’n prentjie.
Dis Vadersdag, ’n Sondag. En ek is nog op kraamverlof. Baba is omtrent amper twee maande oud en ek wil sekere dinge in plek kry voor ek terug werk toe gaan.
In elk geval, dis oosweer, lekker warm, ek is in flip-flops en my gunsteling-denimkortbroek.
Die kortbroek kom seker nou al jare aan, want dit het sakke. Lekker diep sakke. (Vir vrouens is daar mos niks so lekker om iets aan te trek – anders as ’n broek – wat lekker sakke het nie).
Ek besluit ek wil net gou winkel toe gaan. Brood vir die week kry en dan wil ek sommer by Dunes Mall ook ’n draai maak want ek wil vir baba ’n bottel koop. Wanneer ek terug werk toe gaan, sal daar tye wees waar ek stories sal moet bywoon, dan gaan ek ’n bottel vir baba nodig hê sodat sy nog kan borsmelk drink wanneer ek weg is.
Ek is die eerste winkel in en het brood, appels en kaas gekry.
Gaan toe Mall toe. Parkeer aan die linkerkant. Stap verby Pick n Pay, Incredible Connection, ’n hele paar winkels, voor ek by Dis-Chem kom.
Kry die bababottel. Betaal. En ek’s kar toe.
Julle sal nie glo nie!
Hier kom stap ’n vrou na my toe aan en sê voordat ek ingegaan het, het sy my probeer roep WANT my broek is geskeur.
My hand gaan onmiddellik na agter en ek begin voel.
SOWAAR, geskeur.
Ek begin lag. En sê vir haar: “Haai, en ek het so ingegaan.” Sy lag toe maar ook saam. Want wat doen jy nou anders in so ’n situasie?
Ek sê toe maar net dankie en ry. Ek wil net by die huis kom om te sien wat is die skade nou eintlik.
Toe ek by die huis kom, sê ek vir my man: “Jy sal nie glo nie my broek is geskeur.”
Ek’t nogsteeds nie gesien hoe lyk dit nie en wys toe vir hom.
Hy begin lag en sê vir my: “Ja, jy hou mos van ou goed aantrek – en kyk nou net.”
Ek lag maar weer saam soos ek die gang afstap kamer toe, en sê vir hom: “Maar dis dan my favourite.”
Voor die spieël draai ek om en guess what?
My kortbroek is mooi regdeur die middel geskeur leaving nothing to the imagination!
My gedagtes begin hardloop. Iemand moes tog iets gesê het behalwe die een vroutjie. Die Mall was bedrywig – ek’t nog twee mense gegroet – hoe het niemand dan iets gesê nie?
Daar het ook niemand agter my in die ry in Dis-Chem gestaan nie. Was dit dan nou ’n blessing in disguise, of sou dit dalk gehelp het as iemand my gesê het daar is ’n groot gat in my broek? Dan sou ek tog my hemp oor dit getrek het!
Ek trek toe maar my favourite kortbroek uit en gaan gooi dit in die asdrom. Hoe anders dan nou?
Ek kon toe ook nie help om (weer) vir myself te lag nie!
Was ek dan nou so in gedagtes dat ek nie die ekstra briesie gevoel het nie?
Nietemin, in die stadium van die geveg is ek net dankbaar ek kan darem nog vir myself lag en dat ek glad nie ’n fan van deurtrekkers is nie.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie