Kombuisware en waarhede
Die seremoniemeester het tydens ons huweliksonthaal die volgende aanhaling gebruik: “I believe the wife’s place is in the kitchen – and she should go there immediately after work.”
Die manne in die gehoor het gejuig, die bruidegom was nadenkend, die strooimeisies was kwaad en die oumas het ’n traan afgevee. . .
Maar ek was heeltemal gelukkig met die algemene idee. Ek hou van my kombuis en is tuis daarin. Ongelukkig is daar sekere “elemente” in my kombuis wat nie wil saamwerk nie. Hulle hou nie van ’n kombuis nie en “saamwerk” verstaan hulle nie.
Seker een van die mees frustrerendes is my blikoopmaker. Dis eintlik verkeerd om hierna in enkelvoud te verwys: Ek het waarskynlik al tientalle blikoopmakers probeer. Duur of goedkoop, met lang of kort arms, met fyn of growwe saagtand wieletjies – almal werk nie! Ek het al gedink dit is my onhandigheid en (ten duurste) ’n elektriese een aangeskaf. Maar ook hy is steeks.
Hierdie stryd het my oortuig daar is geen verstandhouding tussen kospreserveerders, wat hulle produk in blikke verseël, en diegene wat die (sogenaamde) blikoopmakers bemark nie. En moenie dink ek is die enigste huisvrou wat hierdie ervaring het nie! Tans verdeel ek my vriendekring in twee: Vir-blikoopmakers (min) en teen-blikoopmakers (baie).
Die belangrikste bewys dat my “nie-blikoopmakers “ nie ’n persoonlike swakheid is nie, is die feit dat daar tans min blikke op die kosrakke is wat nie ’n ringetjie het om oop te maak nie. Met die enkele pluk van ’n ringetjie kan ek nou blikke oopmaak. En ek is nie eens jammer vir die blikoopmakerbedryf wat dalk ten gronde gaan nie!
Nog ’n kombuisgereedskap waarin ek ’n persoonlike afsku het, is die aartappelskiller. Volgens hierdie produk se advertensiebiljette is dié instrument die grootste bydraer tot suksesvolle kookvernuf. Hulle kan gebruik word om alle groentesoorte te ontbloot – van dun aartappelskille to dik pampoen-omhulsels. Onsin: Aartappelskillers skil nie! Hy sal miskien die eerste twee sagte skilletjies wegwerk – maar dan is dit verby. Hy wil nie die los skille los nie en gly bolangs oor die res van die aartappel/wortel/patat. Dit is duidelik: Aartappelskillers werk nie. Nou gebruik ek ’n lekker skerp mes. Ek kan mos maar altyd pleisters op my bloederige vingers sit en die rooi aartappel onder die kraan skoon afspoel.
Ek lees in een van Audrey Blignault se artikels dat sy ’n afsku in ’n noodsaaklike kombuistakie het: Om haar broodblik te was. Sy stel dit so lank as moontlik uit en is dan verplig om amper ’n hele dag aan broodblik-was af te staan. Ag nee Audrey, in my kombuis doen ek dit sommer in vyf minute! Want sien – my broodblik is ook een van die kombuisdinge wat nie doen wat hy veronderstel is om te doen nie. My broodblik wil nie brood blik nie! As ek vandag die mooiste, perfekste, vars brood of brötchen in die blik sit, kan jy verseker weet dat hulle môreoggend groen gemuf is. Ek het al alles probeer: ’n Materiaalbasis ingesit, brood in papiersakke geplaas, oop bakkies sout in die blik gesit (lg. volgens dr. Google), maar niks werk nie. My broodblik wil nie my brood blik nie! Nou bêre ek maar my kombuislappe daarin en swerf met my brood in die kombuis rond; vanaf louoond, na yskas, na groenterak. . .
Daar is nog heelwat sulke kombuisfrustrasies. Maar ten spyte hiervan is my kombuis dié plek waar ek hoort.
Soos ek dan ook vir Manlief met ons aftrede verseker het: “When men reach their sixties and retire, they go to pieces. Women go right on cooking.”
– Gasskrywer
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie