Kom ons vergewe en vergeet
Vandag se wêreld is teenstrydig met die sêding van “vergewe maar vergeet nooit”.
As jy daarin glo om te vergewe, maar nie te vergeet nie sal jy in vandag se lewe nie meer onthou wie om te vergewe en wat om nooit te vergeet nie.
Want elke minuut wat jy moet vergewe, word die lys van voorvalle om nie te vergeet nie, net té lang. Dit wil sê jy vergeet wie om te vergewe en wat om nooit te vergeet nie.
Om terug te keer na die oorspronklike betekenis van die sêding: Dit is nodig om te vergewe, maar nooit om te vergeet nie.
Ja, volgens die Bybel is vergifnis ’n ononderhandelbare opdrag en ’n uitvloeisel van God se genade teenoor ons.
In Matteus 18 vers 21 en 22 word ons geleer om ons medemense 70 maal sewe keer te vergewe – of voordat die son ondergaan.
Vergifnis en om te vergeet is belangrik in die lewe. Mense maak soms foute en kan ander seermaak. Wanneer ons vergewe, wys ons liefde, begrip en respek. Vergifnis help ons om nie met woede en hartseer rond te loop nie.
Om te vergeet beteken nie dat ons maak asof niks gebeur het nie, maar ons laat nie toe dat die verlede ons verhinder om gelukkig te wees nie. Wanneer ons vergewe en vergeet, bring dit vrede in ons harte en verbeter dit ons verhoudings met ander mense.
Daarom is dit belangrik om altyd bereid te wees om ander te vergewe, net soos ons ook graag vergewe wil word wanneer ons foute maak.
Vergewe en vergeet is sleutels tot vrede, geluk en goeie verhoudings tussen mense. As ons na onsself kan kyk en hoeveel keer Liewe Jesus ons sondes vergewe het, laat ons onsself voorberei om nie ons seëninge te blokkeer nie. Begin jou dag met baie liefde in jou hart.
Ten slotte is vergifnis en vergeet baie belangrik in ons lewens. Wanneer ons ander vergewe, bevry ons onsself van woede, hartseer en wrokgevoelens.
Dit help ons om vrede in ons harte te hê en beter verhoudings met ander mense te bou. Al is dit nie altyd maklik om te vergewe en te vergeet nie, wys dit dat ons sterk en vol liefde is.
Daarom moet ons probeer om ander te vergewe soos ons ook graag vergewe wil word. Deur te vergewe en te vergeet, kan ons gelukkiger en meer vreedsame lewens lei.Vergewe my as ek jou te na gekom het.
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie