Issaskar Kapuka
Issaskar Kapuka

Klaaglied van vrygeselle

Sê maar net 30 jaar gelede
Vroue het klaar gepraat: hulle wil gelyke regte hê en dis klaar.

In Beijing het hulle gesê dat vroue gelyke regte het om met mans te beding oor die liefde en alle ander regte. Aan die anderkant bly mans die stille slagoffers van ’n massaveldtog waarin hulle gevra word om net met die slagoffers te trou.

Die byeenkoms in Beijing is iets van die verlede, waar hulle oor die regte van vroue gepraat het. Baie van hulle het seker gevra om getroud te wees voordat die “spinnerakke” intree. Liefde was en is altyd die ideale onderwerp vir skrywers, maar baie van hulle deins terug wanneer dit by diegene kom wat nie die ware liefde gevind het nie. Daar is geen draadsitters nie.

Geluk met die feit dat julle, vroue, volgens verslae oor die groot vrouekongres in Beijing nie meer gaste op aarde is nie. Julle is nou ook wettige, aanvaarde, menslike bewoners, volgens ’n Suid-Afrikaanse kollega in die media.

Vroue het geraas om hul punt te maak en mans het dit nooit gemaak nie – “equal rights and justice”.

Watter vroue kry mans en watter nie? Of omgekeerd: dit is een onderwerp wat nooit aangetas is nie. Wie trou en wie nie totdat ons tot ’n ooreenkoms kom nie.

In hierdie lewe vra jy nie meer wat dit vir jou beteken nie, maar wat die doel van jou lewe is. Die lewe is wat jy daarvan maak en daar is geen verskonings voor nie.

Iewers in die Bybel staan dat mense moet aanwas, maar die wêreld in die algemeen en Namibië in die besonder sit met ’n bevolkingsaanwas wat blykbaar nie gestuit kan word nie.

Oor die naweek het ’n goeie vriendin van my gekla dat sy nooit in die lewe kry wat sy wil hê nie.

“’n Man – vergeet dit,” het sy gekla, want dié wat sy kry, is óf getroud óf staan op trou. Dinge het vir haar so erg geword dat sy droom van “spinnerakke” en ’n toekoms as oujongnooi wat op die “rak” gaan beland.

“Die lewe behandel my verskriklik sleg en ek kan nie ’n man kry nie. Mans kan nie namens ander mans praat nie en vroue ook nie namens ander nie.

“Ek stry nie met iemand omdat ek in die spervuur is nie.”

Dit is die onbetwisbare klaaglied van die ongetroudes!

– 19 September 1995

* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer