Kaiings braai
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Van doer agteroor die rand
Het jy kom aanland
Vergeet van ses-en-sewentig
onthou vir vier-en-twintig
Ja ja, oë lees nou reg
Koud is tydelik weg.
Sedoos praat ons van
Skinkikoffi warm uit die kan
Ons luister na jou geraas
Skop, fluit, stof en sand verplaas
Oor die wye Namibrant
By die kou Atlanties geland
Warm ja soos die kolestoof
G'n skaduwee kan jou verdoof
Kaaiings vel en uitgebrand.
Sedoos bly aan die kus se kant
Van doer agteroor die rand
Het jy kom aanland
Vergeet van ses-en-sewentig
onthou vir vier-en-twintig
Ja ja, oë lees nou reg
Koud is tydelik weg.
Sedoos praat ons van
Skinkikoffi warm uit die kan
Ons luister na jou geraas
Skop, fluit, stof en sand verplaas
Oor die wye Namibrant
By die kou Atlanties geland
Warm ja soos die kolestoof
G'n skaduwee kan jou verdoof
Kaaiings vel en uitgebrand.
Sedoos bly aan die kus se kant
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie