Jy is goed genoeg!
Theresa sê maar net
Op die heel laaste dag van Maart het ons gedeel in die tydige boodskap van Christah Lessing wat gegaan het oor “Maak vol”. Ek vertrou dat dit vir jou soveel beteken het as wat dit vir my gedoen het.
Wel, intussen het tyd nie stilgestaan nie en ons is al reeds weer nog ‘n maand verder in tyd – bietjie meer as ‘n maand en vandag is alreeds die 6 Mei! Dis herfsmaand, die verwisseling van een seisoen na ‘n volgende. Besin-maand, ‘n maand waartydens die natuur begin afskaal aan sy somerpronk en kleure verminder na dié van ‘n herfspalet. Juweelkleure, ryk kleure. Kleure wat ryp word in goud, roesbruin en oranje.
Ryp word, nes jou en my lewe. Ons is ouer as ‘n jaar gelede. Die vraag is het ons ook wyser geword saam met die beweeg van die wysters van tyd? Ons is onlangs weer eens deur ‘n Goeie Vrydag, die stil dag van wag tussen-in en Opstanding-Sondag. Hoeveel van hierdie dae het jy al beleef en deurdink oor die span van jou lewe tot hiertoe? En het jy en ek al uitgekom by die lewe ná die kruis? Die oorwinningslewe, die volheidslewe waarvoor ons dierbare Heer, Christus Jesus, gesterf en ook opgestaan het?
Twyfel jy steeds in jouself, jou eie vermo?ns? Wonder jy steeds of jy dit gaan maak? Of jy genoeg gaan hê? Genoeg om deur die maand te kom, genoeg om aan die eise van jou werk te voldoen, genoeg om aan die eise van jou lewe te voldoen en of jý genoeg is?
Stop. Bring jou siel tot stilstand. En wéét JY is genoeg. En jy sal genoeg hê in alles, want HY is genoeg. Hy is al wat jy nodig het. Bly in Hom, by Hom, in Hom. Hy het met sy laaste woorde aan die kruis uitgeroep: “Dit is volbring!” En van daardie oomblik af, het Hy vir ewig klaargespeel met “nie genoeg nie”, nie “goed genoeg nie”.
Weet dit, vat dit en lééf dit.
Jesus is genoeg in elke omstandigheid of situasie waarin jy en ek ons moontlik kan bevind. Kyk net na Hom, hou jou fokus op Hom. ‘n Nuwe lewe wag om voor jou en binne jou oop te breek in die juweelkleure van alles om jou. God het ‘n Plan met jou lewe, met alles omtrent jou – en daar waar jy voel dat jy te kort kom – ook dít kan Hy gebruik. Hy laat niks oor jou pad kom sonder ‘n doel nie. Al wat jy moet onthou, is – al weet jy nie wat of hoe nie, God weet en dis genoeg. Vertrou Hom, rus in Hom en weet dat alles ten goede meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens Sy besluit geroep is.
So gaan verder hierdie mooi herfsseisoen binne, beleef die kleure en weet dat jý ‘n juweel in God se koninkryk hier op aarde is om die spektrum van Sy liefde en genade te weerkaats na elkeen met wie jy in aanraking kom. Dis al. En vertel iemand van wat God vir jou gedoen het, hoe Hy jou gered, gehelp of deurgedra het. Soms is dié verhale uit jou eie lewe van hoe jy deur Hom iets oorkom het, iemand anders se oorlewingsgids, iemand anders se aansporing om nie op te gee nie, om ook uit te reik na Hom wat wag met ‘n oop Hand, om vas te gryp, oop Vader-arms om liefdevol en sonder verwyt terug te verwelkom.
En vandag is ook iemand se verjaarsdag – ‘n “Jy is goed genoeg”-persoon met ‘n goue hart vol van die juweelkleure van die herfs. As jy daardie verjaarsdag-mensie is op hierdie besondere herfsdag, wees bly en weet God het jou lief, Hy het jou gemaak soos jy is met ‘n doel wat pas in Sy Plan vir jou. Weet jy is goed genoeg, want Hy wat meer as genoeg is, het jou beplan in Sy almag. Besluit om van vandag af voluit te lewe in Sý liefdesgloed en te weet dat jy uniek is met ‘n Godgegewe doel in Sy volmaakte plan.
- Gasskrywer
- – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie