Jou diensplan vir 2026
Om ’n nuwe motor te koop is altyd spannend, maar terselfdertyd ook opwindend.
’n Splinternuwe motor kos al deesdae ’n plaas se prys en daar is om van te kies en te keur. En wanneer die tyd aangebreek het om die nuwe enjin te koop, mits dit nou ’n dieselvoertuig, petrolvoertuig of dalk een van die nuutste hibriedvoertuie is; is een ding verseker en dit is dat nuwe motors met ’n onderhoudsplan of diensplan verkoop word.
Dit is maar net hoe sake in die motorbedryf werk en indien iemand daarvan sou wou wegskroom sal enige gemotiveerde en passievolle verkoopsagent daarop aandring en jou aanraai om ’n diensplan in plek te moet hê. Vir die koper mag dit dalk na ’n onbenullige voorstel klink, maar op lange duur kan dit net tot voordeel wees vir beide die motoreienaar en die spesifieke voertuig. Dis nie te versmaai nie, inteendeel sorg dit vir langtermyn-funksionering en volhoubare instandhouding.
’n Motordiensplan is dus meer as net ’n slim verkoopsfoefie. Dis ’n voorafbetaalde ooreenkoms wat die koste van vasgestelde diensbeurte van die motor oor ’n sekere tydperk of kilometers dek en dit kan nogal handig te pas kom wanneer dit kom by skielike onverwagte uitgawes. Dit sluit gewoonlik die vervanging van olie, filters en arbeid by goedgekeurde werkswinkels in om te verhoed dat die voertuig nie erge skade opdoen nie. Boonop voorsien die plan ook vir die gebruik van oorspronklike motoronderdele wat ’n direkte impak kan hê wanneer dit kom by die herverkoopwaarde of inruilwaarde van die voertuig.
Jaarliks stel die meeste van ons vir onsself doelwitte wat geensins volhoubaar is nie en dit ten koste van ons emosionele, fisiese en geestesgesondheid. Internasionale studies toon dat 80% van nuwejaarsvoornemens reeds teen Februarie iets van die verlede is en daar word verskeie redes daarvoor gegee. Het die tyd nie dalk aangebreek dat ons dieper in aanraking met onsself kom en opreg bepaal wat werklik nog relevant in ons eie lewens is nie; as wat ons net versoeke op lysies neerpen sonder enige werklike denke daaroor nie?
Is dit nie dalk nou die tyd om na te dink oor doelwitte wat gelukkig maak, ’n impak maak en werklik saak maak nie, as wat ons net voortploeter en doen omdat ander dit doen nie. Jy sit dalk vandag nogsteeds na 20 jaar se diensgetroue diensplig in ’n beroep wat jou sielsongelukkig maak en die oorsaak van jou fluktuerende hoë bloeddruk is omdat jy jou as volwasse kwel oor wat ander te sê het.
Ek daag jou gerus uit om vas te stel hoe jou diensplan tans lyk. Watse voorafbeplande maatreëls het jy vir jouself gestel en in plek gesit vir 2026 vir gesonde funksionering en volhoubare instandhouding. Hoe gaan jy die jaar jou oorspronklike “motoronderdele” soos jou hart beskerm of gaan jy maar net aanhou voorgee en bang wees? Hoe lyk jou olie? Is dit besoedel of gaan jy dit binnekort vervang?
Raak dus ernstig met jouself en hou op om jouself te verraai. Hou op om die Judas in jou eie verhaal te wees. Jou emosionele toestand, gesondheid en selfsorg is belangrik, so kom in aanraking met jou emosies en wees eerlik met jouself en trek vir jouself ’n sorgvuldige diensplan op oor hoe jy die jaar wil funksioneer, vloei en voel.
Balanseer dus jou wiele en pak 2026 aan met bewuswording, eerlikheid, opregtheid en die regte diensplan vir jou outentieke behoeftes.
– Gasskrywer
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie