Januarie se 31 ellendes
Ek sê maar net 30 jaar gelede
“Leef jou dag elke maand uit asof dit die laaste is waarin jy nog asemhaal en dinge kan doen wat jy graag wil,” is wyse woorde wat ek jare gelede by my oupagrootjie gehoor het.
Vandat ek egter ’n klompie jare gelede begin werk en vir die eerste keer gehoor het dat volwassenes elke jaar nuwe voornemens het, het ek nog nie gehoor dat iemand hom voorberei vir die 31 dae van honger en swaarkry nie.
In dié eerste dae van Januarie ná die vakansie, voel jy nie lus om jou baas in die gesig te kyk nie en skrik jy om enige opdrag uit te voer. Enkele dae ná die begin van die akademiese jaar is dit weer tyd vir die koop van nuwe skooldrag, drasakke en toebroodjies, en uiteindelik die skoolfonds wat minstens die helfte van jou salaris opvreet. Die einde is nog nie in sig nie, maar dit is die spits van die ysberg. Die ergste kom nog: ekstra skoolbydraes, kompetisies (waarvan ek nog nooit een gewen het nie) en skoolaktiwiteite waaraan ek en vroulief en vele ander landsgenote met skoolgaande kinders moet deelneem.
In hierdie maand het verskeie mense my ’n voorspoedige nuwe jaar en ’n gelukkige lewe toegewens. Ek is nie kwaad nie, maar niemand het gesê hulle sal vanjaar probeer om die onweerswolke wat bo my hang ligter maak en my nagte in daglig sal verander nie.
Ek het verskeie kere gehoor dat mense kla oor al die ellendes wat die 31 dae van Januarie inhou. Hieronder tel rekeninge wat nie betaal is nie omdat “pay-day” voor Kersfees was en die swaar verdiende geld vir onbeplande uitgawes gebruik is.
Vergeet van nuwejaarsaankope, want teen dié tyd is die hele salaris bestee. Die Minister van Finansies en maatskappye hou duim vas dat hulle rente gaan kry vir al die uitstaande rekeninge. Oor-entoesiasties is hulle, sou ek sê omdat die hoop hom nie beskaam nie!
Heimlik sien ek uit na die dag dat die dollar sy laaste asem uitblaas en hou ek daagliks finansiële verslae dop.
Verlede week loop ek ’n vriend raak wat ek al die tyd as welvarend beskou het en die man kla. Lank voordat ek hom van my probleme vertel, sê hy dat hy vandeesmaand bang is om verby sy bank te stap.
Die ergste skok kom toe hy sê: “Hunchans, ek probeer om reëlings met jy weet wie te tref of ek nie wors by hom kan gaan braai nie. Ek is klaar en niks is meer dieselfde nie.” In al ons beplanning vir die nuwe jaar en die gepaardgaande voornemens maak ons nie voorsiening vir hoe ons die 31 “maer dae” van die eerste maand van die jaar die hoof gaan bied nie. Ek en my gesin het nie meer Nuwejaarsvoornemens nie. Inteendeel, leef ons elke dag asof dit ons laaste is.
Die eerste drie maande van ’n nuwe jaar is altyd pynlik wanneer ons moet wag vir die eerste salaris van die nuwe jaar om uitstaande rekeninge te vereffen en om op dreef te kom.
Nou weet ek minstens dat die wenner uiteindelik die verloorder is. Min dae is oor en byt maar vas!
– 23 Januarie 1996

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie