Hoe meer hase, hoe minder spoed
Jy weet, die ou wat eerste gesê het hoe meer haas, hoe minder spoed, het in sy lewe nog nie ’n haas ontmoet nie.
Die goed is háástig, soveel so dat ek amper my wasgoedlyn verskuif het. Op spoed, met my groottoon.
Dis ’n vreemde gevoel. Jy tolbos anderkant neer en die haas en manlief staan ewe verstar. Die konyn weet toe gelukkig van beter as om die grappie langer uit te rek. Hy is mos eintlik ’n vleishaas, jy weet.
Dalk het dit alles te doen met ’n “midlife crisis” en ’n pluimvee (en konyn)-uitstalling. Ons koop twee vleishase – tot ekstase van die kortvolk. (Oukei, oukei, ék koop hulle.)
Impulsief, ek weet. Ons het geen hok nie en tot die winkels oopmaak, moet ’n oplig-hok as tuiste vir die twee konyne dien.
Die probleem is dat die Jack Russel ook weet dis ’n oplig-hok.
Ek kom terug by die huis, manlief kyk my kopskuddend aan. “Volgende keer los ek jou hier om die hase te vang.”
Die Jack Russel het die hok opgelig en toe is daar sports. Gelukkig kon manlief ’n demper op al die prettighede plaas.
Ons besluit om dadelik voorraad te gaan koop om die hok te bou. Ons pak die oplig-hok vas. Maar die Jack Russel weet nog steeds dis ’n oplig-hok.
Teruggekom is die konyne weg en die brak skuldig. Die mannetjie-konyn kry ons eenkant, vang hom met moeite, maar die wyfie is skoonveld. Geen gesoek of geroep kan haar vind nie.
Tranedal, want die haas het al ’n naam gekry. Al wat die gemoedere kalmeer is toe ek maar terugry pluimvee-uitstalling toe. Buy one, get one free en ek kom terug met twéé baba-wyfies (of so seg hulle).
Ek gee ook nie regtig langer om nie, hulle wollerige wipneusies is so oulik. Wat gaan húlle name wees?
Hulle kry ’n nuwe hok met ’n skadunet-dak, wat vir nou nog nie heel vas is nie. Die gemmerkat het weer dáárna opgelet, maar laat ek nie die storie vooruit loop nie.
Die soektog na die ontsnapte wyfie bly vrugteloos.
Ons gaan hou naweek, kom terug en skielik raak die Jack Russel opgewonde oor my motor wat die hele naweek doodstil gestaan het. Sowaar, binne in die onderstel sit die ontsnapte wyfie.
Ons vang haar met moeite en in die hok is daar nou vier vleishase. Behoede my! Ek moes met haar binne die kar se onderstel gery het om haar twee susters te gaan koop!
Ek het oor die gemmerkat se oplettendheid gepraat. Sy kry haar alleenkans by die hok en probeer bo-op die skadunet-dak spring, maar val binne in.
Almal skrik en dis net katte en konyne wat spat. Twee konyne ontsnap waaragtig weer – hardloop opdraande uit teen die skadunet wat nou in hul hok hang.
Gevolg is dat ek en manlief laataand, in die stiknagdonker tuin, agter hase rondhol. In ons nagkabaai! Die bure trek hul gordyne stywer toe, ook maar goed.
Want dit is dan wanneer wasgoedpale voor jou inloop.
Die haas was so verbaas dat hy sprakeloos langs my man se voete gaan sit het. Manlief kon hom toe net optel.
Die hok se dak is nou toe.
Noudat ek weer daaroor dink, dalk ís die gesegde reg: Hoe meer hase (en wasgoedpale), hoe minder spoed!
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie