Hippie hoera hoera
Die geure en kleure van Namakwaland se blommeprag sal my vir altyd bybly. Ek maak net my oë toe, haal diep asem en ek is weer daar.
Die Aitsa!-ossewa (’n GWM-bakkie) neem my na die skouspelagtige vertoning van Moeder Natuur waaroor Coenie de Villiers in sy liedjie “Namakwaland” so liries raak.
Coenie sing: “En as die jaargety kom draai, en die reënwind oor my randjies waai. Laat die warrelwind ’n laaste keer, sy nukke oor my lyf probeer, en roer die reën die droë loop, dan breek my hart se kleure oop
en knoop ek gou my blommejas.”
Vir my was die wêreld vanaf Springbok tot by Port Nolloth, op my roete oor klowe en deur dale, plek-plek omvou in ’n Nama-lappieskombers van geel, oranje, pers en enige ander kleur waaraan jy kan dink. Ek het nie woorde om die reuke te beskryf nie.
Met my aankoms op die plaas Gifberg vir die Namakwaland Flower Fest moes ek noodgedwonge my lot aanvaar.
“Jammer, hier is geen selfoonopvangs nie, jy sal die hoogste koppie vir ’n sein moet gaan klim,” is ek sommer uit die staanspoor meegedeel.
Die aanvaarding het gekom ten spyte van die twee volgelaaide battery packs in my rugsak en die paar honderd meter bo seespieël.
Ek kan getuig: “’n Joernalis met ’n foon sonder ’n sein, data en batterykrag is verlore.”
Op die eerste dag mis ek die gejaagdheid van my eie wêreld en die aanhoudende geroep van ’n selfoon wat my daaraan verbind. Ek onthou iemand het eenkeer gesê: “Die tyd toe telefone nog koorde gehad het, was die mensdom vry.”
Op dag twee is ek verder ontnugter toe ek met my bankkaart vir ’n toebroodjie by die winkel in die karavaanpark wou betaal.
“Ons kan nie hierso swipe nie.” Ek het darem nog sente by my gehad en nadat ek my rekening vereffen het, het ek daardie koppie met ’n passie gaan klim.
Bo-op die koppie wag daar honderde WhatsApp- en Telegram-boodskappe en missed calls. Ek haal eers diep asem, neem die pragtige uitsig in en maak toe soos die mense doen op die TV-program “Who Wants to Be a Millionaire.”
Ek bel ’n vriend, verduidelik my “missing in action”-situasie en vra vir hulp. Ek skeduleer ook sommer ’n paar Facebook-plasings en waai toe op ’n koel en verfrissende briesie uit die kuberruimte na die hede.
Op pad terug omhels die natuur my. My selfoon pla my nie meer nie. Die voëltjies tjirp, die krieke lawaai en in die verte hoor ek water loop.
Ek gaan stort onder ’n waterval, gaan kyk na Boesman-rotskuns en op my knieë ontdek ek die unieke blommeprag van Gifberg.
Ek maak vriende, neem foto’s sowel as video’s vir die dag van môre en ry met ’n goeie gemoedsrus en ’n swaar hart terug na die beskawing en dit wat daar buite wag.
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie