Otis Finck
Otis Finck

France here we are (France nous voici)

Otis Daniels
My hart is stukkend en my gemoed swaar.

Julle kan gerus wees, ek het geen liefdesteleurstelling gehad nie. My geliefde span is egter onlangs ’n doodskoot in die halfeindstryd toegedien.

Ek glo stellig julle weet van watter span ek praat, maar vir diegene wat in die donker is, laat ek maar die aap uit die mou laat.

Die opmars van Kudu-rugbyklub se span na die Namibiese Rugby Unie (NRU) se premierliga-finaal, is vir ’n tweede keer met ’n kopskoot gestuit.

Wat dit moeilik maak, is dat die Kudus in die doodsnikke op altwee geleenthede (teen United en Unam) gesneuwel het en dit was ’n bitter pil om te sluk. Hulle het my aan die Suid-Afrikaanse krieketspan laat dink wat die “chokers” genoem is toe hulle nie die halfeindstryd teen Australië in die Wêreldbekertoernooi in 1999 kon klop nie.

My kop het gepyn van al die hoekoms, waaroms en daaroms. Ek wonder nog steeds of die Kudu-trop nie maar moes Basterland toe trek vir weiding en die laaste wedstryd van die seisoen nie. Daar is mos besluit om as [verbrande hout] gevolg van die gebrek aan geld, om die wedstryd te verbeur. Sou dit die uitslag teen United in die semifinale rondte verander het?

Ons sal nooit weet nie en dié stukkie geskiedenis is reeds geskrywe.

Nou het ek ook ’n effense idee van hoe Unam en Western Suburbs moes gevoel het toe hulle verneem het dat daar geen semifinale plekke meer oor is vir beide van hulle nie.

Maar die “Ingelsman” sê mos “third time lucky”. Ek onthou vir Dolphin-rugbyklub se ontslape oom Tommy Forbes. Hy was ’n groot voorstander van die idee dat die bestes van alle spanne by die kus moet saamkom om ’n streekspan te vorm wat ons in die premierliga sal verteenwoordig. Ek dink dit kan dalk die kluis waarin die premierligatrofee en titel in Windhoek is, vir rugbyliefhebbers by die kus oopsluit.

Ek het darem nog hoop dat die jong trop Kudus die reserweligatrofee gaan huistoe bring en dit bring my terug na my Franse opskrif.

Namibië is op pad na die Wêreldbekertoernooi in Frankryk en daar is heelwat bekende ouens in die span. Dit is salwing vir my kloppende hoofpyn en gebroke rugbyhart.

My totale aandag is vir nou eers op dié toernooi. Ons aanloop na die wêreldskouspel was goed met een sege en drie naelskraap-verliese teen opgewasse teenstanders.

Ek weet vir enige rugbyondersteuner is die verwagting altyd groot. ’n Oorwinning van 36-0 oor Kenia in die eindstryd van die Rugby Afrikabeker 2022 het verseker dat Namibië aan ’n sewende agtereenvolgende Wêreldbekertoernooi sal deelneem.

Die Welwitschias het hul buiging in die toernooi in 1999 gemaak en het sedertdien elke jaar gekwalifiseer, maar moet nog ’n wedstryd wen – iets wat hulle vanjaar in Frankryk gáán regstel.

Ja, ek beklemtoon die woord “gaan”, want ek glo vas hierdie is die jaar wat ons span ’n sege of twee gaan behaal!

Kom ons trek saam as rugbyliefhebbers en help dra ons span en die bal oor die doellyn. Viva la France!

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.21/OZ DOWN -0.0061 | Copper US$ 4.82/lb DOWN -0.0153 | Zinc US$ 2 966.00/T DOWN -0.59% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 1 052.51/OZ DOWN -0.0162 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.21/OZ DOWN -0.0061 | Copper US$ 4.82/lb DOWN -0.0153 | Zinc US$ 2 966.00/T DOWN -0.59% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 1 052.51/OZ DOWN -0.0162