Annamarie Steenkamp
Annamarie Steenkamp

Ek sê maar net

Mandy Rittmann
Anna-Marie Steenkamp

Verlore juweeltjies herleef

Op universiteit het daar ‘n interessante vak, Streektaal, gehad waarin dialoogtekste uit verskillende streke van die land behandel is. Op ‘n dag kry ons uittreksels uit opstelle van ‘n paar plattelandse Kleurling-kindertjies onder die oë. Dit was deurspek met streekaksente en só komieklik dat die dosent se les moeilik of glad nie gevolg is nie. Deur die jare het dié teks êrens verlore gegaan, tot nou die dag, toe ‘n kerkbland dit publiseer. En in die seisoen van vreugde, kinders en Kersfees is dit gepad om dié storietjies met lesers te deel.

Oor Moses het dié knapies die volgende te sê:

Moses bly in die paluis. Hy eet elke dag lekers en fluis. Hy ry rond in die farro se pere en poets. Moses wil nie saam met die anerse speel nie want hy is ‘n prinses.

In die dag het Moses moord gepleeg en in die nag brand hy hyse af. Moses loop in Betluhem rond en hy sien ‘n aagupteman slaan ‘n asraliet. Hulle gooi klip.

Toe sê die een vir Moses: meen jy ek is daai dusiepel wat jy in die sand gegrawe het.

Ek is nie daai koning nie.

Toe skruk Moses en hy flig na Jeroetsalem toe.

Die volk het om ‘n arend (Aäron) gaan staan en gesê: Dit smaak my Moses kom nie trig nie. Hy’t gevergeet van ons.

Toe sê ‘n arend: rik ale eeriengs en oorkrawels van die hele vrouens af. Hy mak ‘n goue kalf van die silwer. Die vold sê: ons moet in sonde faal, toe faal hulle in sonde. Hulle het vlys gebraai en gemors.

Wat Moses van die berg af kom, word hy so kwat laat hy op die klip taaifel breek skop met die tien desiepels daarop. Hy vat daai kalf en hy het hom geversyp en afgeslaag.

Toe frumel Moses die kalf. Moses het die goue gemaalde kalf in die water kom gegooi. Die water ryk skoon gal, 3000 mense het gedood van daai water.”

En oor Jona: Jona moet daai vullistuine gaan gepreek het want hulle was nie bietjie rof nie.

Maar Jona het weg gehol en ‘n skip op die see kom gekry. ‘n Winswerm het oor die see gevaar toe wil die skip nie suil nie. Die matrose gooi die daais. Toe sê Jona: ek is ‘n fariseer, gooi my in die see.

Jona trap op die baber se stert en die baber sluk vir Nivivee in. Jona blui driehonert dae en drie nagte in die fus se bek. Hy wort nie sleg in die fus se binneverwante nie. Die fus het toe vir Jona uitgespieg.

Hy verkondig die hem van gielie (evangelie) af in Nivivee. Hy het haart geskrou: bakeer julle, die staat se verwoes is oor veertig jaar.

Toe gaan sit die koning op die aas en hy sê nieman mag ‘n dingetjie proe of lek nie. Hulle het vir hulle baaie gebukeur en hulle is kom gespar. Maar Jona wil hierdie mense doodgestraaf hê. Hy slaan vir hom ‘n sinkie op vir skylte.

Kyk net na koningin Ester se skoonheidskuur:

G’n wonder die koning het vir Ester daai tyd meer gelaaik as al die anerse nie.

Hulle het vir haar swart oohe gemaak en lupaais gesmeer dat haar lupe nie moet skirf is nie en gesent en gebodiemas (Body mist).

Hulle smeer haar gesig kriem en blou boter en swart balsem en pruie soos kaneel en borrie.

‘n Paar woorde word ten slotte ook oor Rut gesê: As u my vertoef dan gaan ek hom vertoef.

En as jy my versuim sal ek jou versuip. Waar u gaan sal ek tekere gaan.

En weer eens is ek oortuig: nêrens is daar soveel onskuld as in die mond van die suigeling nie (met apologie aan die spreekwoord). - 18 Desember 1995

Kommentaar

Republikein 2026-03-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer