hester
hester

Ek sê maar net

Mandy Rittmann
Hester Steenkamp - – [email protected]

Hernus se goggatjie

Een Dinsdagoggend storm Fredrieka grootoog en kortasem tot teenaan my. Ek dog dis weer ’n slang. Sy staan met haar hand vasgeklem oor haar bors. Sy hyg. Ek skrik. “Mevrou moet kom kyk! Gou!” Ek haas my agter haar aan en praat met haar rug. “Wat is dit? Wat is fout? Wat het gebeur?” Ek dink die allerverskriklikste dinge en sien al hoe moet ek dorp toe jaag met plaasklere en ongekamde hare. Wat sal die mense sê? Sy storm soos ’n wilde perd voor my by die agterdeur uit en toe ons buite kom, wys sy driftig met haar arm in die lug op. “Kyk die goggatjie! Dáár! Sien mevrou hom? Dis Hernus se goggatjie!” Ek is woordeloos. Te veel dinge gebeur gelyk en ek voel verward. Frans, Fredrieka se seun, hardloop ook nader. Sy arm wys ook hemelwaarts en hy hyg ook. Toe hoor ek dit en dit tref my soos ‘n voorhamerhou: Hernus se goggatjie ... Dis ’n drone. My skoonseun het met een van hulle kuiers ’n drone hier aangebring en vir ons video’s en foto’s geneem. Toe kon ons ook sien hoe lyk ons stukkie aarde van bo af. Dit was vir die werkers amper te goed om waar te wees. Die drone het blykbaar ’n goggatjie geword. Hernus is baie ver weg en sy drone het ’n waterdood gesterf, so wie bespied ons nou so uit die hoogte uit? My boer is op die buiteplaas en dis net ek, Fredrieka en Frans hier op die plaaswerf. Hulle twee lyk benoud. “Mevrou, ek het die kar gekyk. Hy staan da’ annerkant op die witpad na meneer Pieter se kant toe en nou vlieg sy goggatjie eers hier, dan daar en dan doer oor ’ie veld! Dan hang hy hier oor die prosopisboom, dan woerts hy weer veld se kant toe, tot daar agter die huis.” Frans haal skaars asem en dit lyk of hy enige tyd gaan beswyk van angs. Ek stap voortuin toe en gaan kyk self of ek die kar kan sien. Jy kan op die pad ry waar jy wil, maar jy kan sowaar nie kom vlieg waar jy wil nie. Vir wat wil iemand kom verkenningswerk doen hier op my werf? Ons drie stap pad se kant toe, maar die kar staan nie meer waar hy gestaan het nie. Tog hang die drone nog hier bo ons koppe. Nes ek verby die dam loop, sien ek die kar staan dwars oor die pad, maar nou links van die huis. Die sykante van die Cruiser se bakgedeelte is opgelig. Ek stap doelgerig nader en ignoreer Frans en Fredrieka se waarskuwings. Dié twee het vasgesteek en weier om een tree verder te gee. Ek stap nader, en van ver af groet ek in Engels en vra of ek kan help. ’n Lang man met swart klere loop my tegemoet en praat met ’n – en ek wil nou nie spoke opjaag nie, maar hy praat met ‘n Russiese aksent. Hy sê: “Good morning. Sorry, sorry, sorry. I’m looking for my camera cap. It’s round and black.” So asof ek nie weet hoe ‘n “camera cap” lyk nie! Ek kan sien daar sit 'n ander persoon in die kar, maar dis asof die man my probeer weghou van die kar af. Hy bly skuif voor my in soos ek verby hom probeer kyk. Ek neem aan die persoon in die kar is in beheer van die drone. Ek wys lug toe, na die drone wat steeds soos ’n voorbode oor my huis se dak hang. “Did you lose it in my garden?” vra ek ietwat sarkasties. “Oh, you saw the drone?” vra hy. Hy klink teleurgesteld. Ek sê ja, natuurlik het ons dit gesien. En gehoor. Die man bly draai in die rondte en kyk op die grond. Skynbaar opsoek na die kameralens se deksel. Ek kyk ook rond. “No, no, it’s okay, I’ll find it,” keer hy my en draai nog ’n slag in die rondte. Die hele gedoente is net vreemd. Ek wil weet van die drone. “And the drone sir?” bring ek hom terug na ding wat my kwel.

“Sorry, I did not know people were living here,” en daarmee draai hy een laaste keer in die rondte, stap kar toe en klim in. Ek staan verslae op die pad. Dis ’n groot lieg. Dis baie duidelik hier bly mense. Ek weet en verstaan nog net so min van wat aangaan as toe ek hierheen gestap het. Ek draai toe maar om en loop terug huis toe. Net toe ek verby die skuur is en terugkyk, is die kar en die drone skoonveld. Die man ook. Skynbaar sonder die verlore doppie vir sy lens. Nou wonder ek nog steeds wat presies hy hier kom doen het, want hy het vir seker nie gedoen wat hy gesê het hy hier gedoen het nie. - Gasskrywer

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 10° | 29° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 9° | 30° Oshakati: 10° | 27° Ruacana: 11° | 28° Tsumeb: 12° | 26° Otjiwarongo: 7° | 25° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 7° | 22° Gobabis: 7° | 25° Henties Bay: 12° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:13, High tide: 12:38, Low Tide: 18:13, High tide: 00:42 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:36, Low Tide: 18:11, High tide: 00:40 Walvis Bay: 13° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:35, Low Tide: 18:11, High tide: 00:39 Rehoboth: 7° | 24° Mariental: 9° | 25° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 6° | 25° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 7° | 20° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 20° | 23° Gaborone: 10° | 24° Lubumbashi: 9° | 28° Mbabane: 10° | 26° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 12° | 26° Maputo: 15° | 29° Windhoek: 7° | 22° Cape Town: 13° | 17° Durban: 15° | 28° Johannesburg: 11° | 20° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 12° | 27° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.58 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.36 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.25 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 317.97/OZ DOWN -0.0047 | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 2 835.80/T UP 0.12% | Brent Crude Oil US$ 84.09/BBP UP +1.81% | Platinum US$ 967.95/OZ UP +1.25% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 10° | 29° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 9° | 30° Oshakati: 10° | 27° Ruacana: 11° | 28° Tsumeb: 12° | 26° Otjiwarongo: 7° | 25° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 7° | 22° Gobabis: 7° | 25° Henties Bay: 12° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:13, High tide: 12:38, Low Tide: 18:13, High tide: 00:42 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:36, Low Tide: 18:11, High tide: 00:40 Walvis Bay: 13° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:35, Low Tide: 18:11, High tide: 00:39 Rehoboth: 7° | 24° Mariental: 9° | 25° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 6° | 25° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 7° | 20° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 20° | 23° Gaborone: 10° | 24° Lubumbashi: 9° | 28° Mbabane: 10° | 26° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 12° | 26° Maputo: 15° | 29° Windhoek: 7° | 22° Cape Town: 13° | 17° Durban: 15° | 28° Johannesburg: 11° | 20° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 12° | 27° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.58 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.36 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.25 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 317.97/OZ DOWN -0.0047 | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 2 835.80/T UP 0.12% | Brent Crude Oil US$ 84.09/BBP UP +1.81% | Platinum US$ 967.95/OZ UP +1.25%