Eer jou vader. . .
Daar is drie vaders in my lewe wat ek graag vanjaar met Vadersdag wil eer. Die een wat ek al die langste ken, die een wat ek die liefste het en die waagmoedigste een wat ek ken.
Die een wat ek al die langste ken, is my eie pa. Ek sal altyd die foto onthou wat my ma van ons twee geneem het waar ons saam ’n legkaart bou, terwyl ek my Barbie-poppe terug in hul bokse gesit het om hulle staan te maak as toeskouers.
My pa, wat ek beter verstaan soos ek ouer word in terme van sy introverte persoonlikheid, want sy gedrag weerspieël soms hoe ek self in sekere situasies voel. My pa, die elektrisiën volgens kwalifikasie, met die siel van ’n digter.
Hy het ’n talent daarvoor om iets poëties uit die eenvoudige te toor, soos ’n stukkie hout wat hy opgetel het en as “beeldjie” vir my ma as geskenk gegee het.
Of iets so eenvoudig soos die patroon waarvolgens hy my potte in ’n staalmuurraam rangskik wat hy self gemaak het. Nie “sommer net” geplaas nie, maar doelbewus in ’n patroon gepak.
Hierdie pa van my is ook ’n voorbeeld vir my in geloof en beeld die diepte uit waarin ek self graag oor die lewe dink. Daarvoor is ek vir hom ook baie lief.
My volgende pa is ’n joviale mens en een wat ek op ’n sakevlak bewonder. Hierdie pa het ek saam met my man in my lewe bygekry en ek is dankbaar daarvoor. Hy het op ’n gevorderde stadium van sy loopbaan van beroep en sakerigting verander en ’n sukses daarvan gemaak.
Daarna het die volgende sakebesluit gevolg en hy het dit ook goed laat werk. Sy waagmoed om sakespronge in ander en voorheen ongekende rigtings te neem, is vir my bewonderenswaardig.
Sy nugtere wysheid wanneer dit by groot besluite kom, is nog iets wat ek van hom bewonder. Soos die tyd aangaan leer ek en hierdie pa van my mekaar beter en beter ken en ek geniet sy teenwoordigheid in my en my familie se lewens baie.
Die laaste pa is natuurlik my liewe man, die pa van ons seun. Hy is die pa vir wie ek die liefste is. Hy het ’n baie sagter hand met hierdie ouerskap-ding as wat ek het, en soms leer ek ’n ding of twee daaroor by hom.
Hy is geduldig (ek ongelukkig nie altyd nie) en hy is beslis die emosionele balans in ons huishouding. Spaarsamigheid en die nugtere gebruik van sy hulpbronne is twee van sy beste vaardighede. Hierdie laaste tyd sien ek ’n eienskap in hom raak wat ek weet die laaste paar jaar uit hom ontwikkel het. Hy tree met deernis en begrip, spesifiek teenoor my, op. Nie dat dit nie voorheen daar was nie. Maar hy het in hierdie eienskappe as mens dieper gegroei sedert ons saam in hierdie huwelik is en dis ’n eienskap van hom wat ek koester.
Hy is ’n teenwoordige en betrokke pa vir ons seun en dit is iets wat ek dink eendag vir hom meer waardevol as goud gaan/sal wees. Dit is vir my lekker om hom en ons seun se verhouding met mekaar dop te hou.
Ek wil hierdie jaar met Vadersdag hierdie drie uiteenlopende mans probeer eer. Omdat ek nie veel anders as my woorde het om dit mee te doen nie. Dit is vir my wonderlik om julle drie in my lewe te hê, gelukkige Vadersdag!
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie