Dink voor jy jou mening lug
Ek het onlangs ’n storie oor ’n 15-jarige meisie geskryf wat geboorte geskenk het.
Jy kon die opskrif “Vyftienjariges word ouers” in die sosiale media lees sonder om die moeite te doen om die volledige berig op die webwerf of in die koerant te lees.
Met slegs die opskrif as maatstaf het mense op sosiale media hulle menings vinnig gelug.
“Vroeg ryp, vroeg vrot. Slegte ouers. Meisie is sleg, ensovoorts.”
So het almal iets te sê gehad. Die hele wêreld weet presies wat in haar lewe aangaan en almal – wat natuurlik sonder foute is – het haar veroordeel.
Mense het hul monde uitgespoel sonder om die feite te ken. Dit is baie maklik om in ’n huis agter ’n rekenaar te sit en te dink jy is beter as die res of dalk nog perfek.
As “kenner” is dit maklik om jou mening te lug hoekom sy swanger geraak het en dit net haar skuld is.
Mans en seuns kry mos nooit die skuld wanneer ’n tienermeisie swanger raak nie.
Nie een van die “kenners” het al vyf tree in haar skoene geloop nie. So, gee my die geleentheid om julle meer van die meisies se omstandighede te vertel. Ja, daar is nog baie ander in dieselfde situasie.
Talle van die meisies word deur ’n familielid verkrag en dan sit sy met die gevolge. Jy het dít nie geweet nie, want dit is mos haar skuld. Sy het seker die man aanleiding gegee en in elk geval mos sy van beter geweet het. Kinders so jonk as ’n jaar oud word deur familielede verkrag. Dink jy dit hou op wanneer sy 12 word?
Talle van die meisies is die enigste broodwinners in die huis. Hul ouers of ouma is dalk oorlede of het getrek en hulle agtergelos. Nou is hulle verantwoordelik vir hul sibbe. Dit gebeur baie meer as wat jy dink.
Sy is verantwoordelik om kos op die tafel te sit, water en ligte te betaal en hulle by die skool te kry. Wat sal jy doen as jy 15 jaar of jonger is en jy verantwoordelik is vir jou jonger boeties en sussies? Hulle huil omdat hulle honger is, bang is omdat hulle in die donker sit? Jy kan nie werk kry nie, want dit word as kinderarbeid beskou.
Diegene wat kommentaar gelewer het, het seker ’n ma, tannie of kerkgemeenskap na wie hulle om hulp kan hardloop, en wat dan vir die boeties en sussies kan sorg.
Baie van die kinders is nie só gelukkig nie. Hulle sit alleen in ’n sinkhuisie iewers in ’n informele nedersetting en moet ’n plan maak. Sy gaan en maak ’n plan om geld in die hande te kry. Die kleintjies het geen benul waarvandaan die geld kom nie, maar hul magies is vol en hulle is gelukkig.
Nou raak sy swanger en sit met die nagevolge net omdat sy vir haar sibbe wou sorg. Is dit haar skuld? Nee, sy het gedoen wat sy moes. Waar was die kerk, die ondersteuning, of diegene wat nou oordeel toe sy in die hut gesit het en nie geweet het hoe om kos op die tafel te sit nie.
Niemand was daar om te help nie, maar nou dat sy met die gevolge sit, nou word sy veroordeel. Weer eens sê niemand iets oor die dikwels baie ouer man wat vir ’n paar dollar haar misbruik het nie. Niemand veroordeel hom nie.
Al wat ek vra is as jy nie die hele storie ken nie, hou op om van die gerief van jou huis kommentaar te lewer en mense te veroordeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie