Dinge wat sin maak van Amerika
Van Windhoek tot Uithoek
Dinge soos deurry-apteke, deurry-OTM’s, aanlyn inkopies wat tot by jou voordeur gebring word en mense wat hul eie brandstof ingooi. Dit maak net sin. Dit is geriefliker, vinniger en makliker.
Jy kan selfs jou koffie deur ’n deurry-venstertjie koop. Die deurry-apteke maak veral vir my sin, want geen siek persoon wil ooit hul pajamas uittrek en met ’n snotneus in ’n apteek se ry gaan staan nie.
Ek was eers skrikkerig vir die selfbetaaldienste by inkopiesentrums. Die enorme kruideniersware winkels het dalk so twee rye waar jou inkopies vir jou geskandeer en in sakke gepak word, verder doen jy dit maar self. Jy skandeer jou eie items, pak jou sakkie, betaal en loop.
Iets waaraan ek gesukkel het om gewoond te raak, is restaurante en kroeë wat jou bankkaart vat – soos in wegvat. Hulle bring vir jou jou rekening en dan vat hulle jou kaart. Wanneer hulle dit terugbring, kan jy op die strokie die fooi aandui wat jy vir die kelner wil gee. Dit maak my senuweeagtig as ek nie te alle tye my bankkaart kan sien nie. In Namibië mag mense omtrent nie eens aan my kaart raak nie.
Talle restaurante maak ook nie van uitgedrukte spyskaarte gebruik nie. Elke tafel het ’n QR-kode wat jy met jou selfoon skandeer om die spyskaart op jou foon te bekyk. Niks wat jou tafel vollê nie en boonop is dit ook goed vir die omgewing.
Hier wys jy altyd jou ID. In Amerika mag jy eers drank koop of in kroeë gaan op die ouderdom van 21 en daar is geen uitsonderings nie. Orals waar jy drank koop, moet jy jou ID wys – ongeag die plek of tyd van die dag. Dieselfde by kuierplekke. Om in te gaan moet jy elke keer jou ID wys.
Mense frons gewoonlik vir my Namibiese blou ID-kaart en dit lei omtrent elke keer tot die vraag: Waar kom jy vandaan? Dit word dan ’n hele gesprek op sy eie met my wat probeer verduidelik waar Namibië is en die ander persoon wat iets oor my aksent sê.
’n Paar goed wat nie sin maak nie, is pond, voet, onse en fahrenheit. Ek hou eerder (nes die res van die wêreld) by kilogram, meter, liters en grade celsius.
Hulle ry natuurlik ook aan die anderkant van die pad, wat dom is, maar een padreël wat wel sin maak, is wanneer jy kort by ’n verkeerslig wil draai, dan kan jy draai al is die lig rooi. Jy moet natuurlik net seker maak daar kom nie voertuie nie.
Hulle praat ook hier van “gallons gas” in plaas van brandstof in liters en dit is ook verwarrend.
Daar is koffiewinkels in boekwinkels, muurproppe in badkamers, groter parkeerplekke, tuimeldroërs, koffieroomer en Walmart. Sommige goed maak net sin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie