No Image Caption

Dienders, nie troosters

Sê maar net 30 jaar gelede
Mandy Rittmann
Gene Travers – Nou onlangs staak en betoog werkers en studente van die Universiteit van Namibië, nadat ’n skoonmaker wat daar werk deur die polisie in hegtenis geneem is. Die polisie het dan glo te hardhandig met die verdagte gewerk om hom in die vangwa te kry.

Soos ek die ding verstaan, het ’n matrone van die universiteit ’n klag by die polisie gelê, nadat die verdagte haar na bewering aangerand het. Twee polisiemanne het daar opgedaag om die verdagte in hegtenis te neem en na die naaste polisiekantoor te bring, maar die verdagte het hom teëgesit. Om dié rede moes die polisiemanne glo die nodige geweld gebruik om hul pligte uit te voer.

Die verdagte se medewerkers en ’n groep studente was baie boos hieroor en die NBC was, soos gewoonlik in sulke gevalle, weer daar om die betogers se klagtes op film vas te lê vir die aand se nuus.

Ek verneem verder dat daar ’n ondersoek teen die twee polisiemanne gelas is.

Nou wonder ek wat die betogers van die twee dienders verwag het. Moes hulle die verdagte genader en mooitjies gevra het of hy sou omgee as hulle hom in hegtenis neem?

En nadat hy geweier het, moes hulle hom nederig om verskoning vra omdat hulle dit durf waag het om hom te steur?

Of het die betogers verwag dat die polisiemanne die verdagte met roomys moes paai om vreedsaam saam met hulle na die polisiekantoor te kom?

Nou kan ’n mens verstaan waarom die polisie kla, dat hulle nie hul werk behoorlik kan doen nie. Wie wil nou ’n misdadiger in hegtenis neem as jy self later in groter moeilikheid beland as die man teen wie jy moes optree?

Die publiek word feitlik daagliks versoek om die polisie by te staan met die bekamping van misdaad, maar dit wil voorkom asof die publiek eerder aan die kant van die misdadigers staan.

Intussen neem misdaad in Namibië daagliks toe en daar gaan nie ’n dag verby wat jy nie hoor van wreedaardige moorde, verkragtings, rooftogte, inbrake en diefstal nie.

Dit is dan ook gewoonlik juis dié mense wat kla en betoog oor polisie-optrede wat die hardste skreeu en kerm wanneer hulle self die slagoffers van misdadigers word. Nee, wat!

Jy lok nie ’n verdagte wat homself verset, met mooi praatjies by ’n vangwa in nie. Jy vat hom vas en jy kry hom voor stok!

Verkeers- en polisiemanne maak ook nie wette nie, hulle pas dit net toe en dit is die publiek se dure plig om hulle in hierdie ontsaglike taak by te staan.

Of wil die betogers liewer hê organisasies soos Epango moet regoor die land losgelaat word? – 4 Augustus 1993

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° #N/A #N/A