Die weë van die koppe
Ek sê maar net
Die rubriek kort ’n kop (of in beskaafde Afrikaans: ’n opskrif). Verbeelding is daar genoeg, ’n toereikende woordeskat ook – in twee koppe (een op elke lyf) warrel immers meer woorde rond as in een. Die rubriek se onderwerp is betaaldag se probleme. Op die oog af is dit maklik om ’n kop te skryf.
“Wat van: Pay day se pyne?” Dis so mooi met al die p’s.
“Te kort,” sê die ander lyfkop.
“Dit moet om en by twintig karakters wees.”
“Hmm. Miskien: Voorspoed met pay day?”
“Nee, ‘voorspoed’ is ’n te lang woord – dit lyk nie goed in ’n kop nie.”
“Nou ja,” sê die ander lyfkop, “dis nuus vir my.” “Persoonlik vind ek dit nie te lank nie. Het self al sulke woorde in koppe gebruik. Wie, wie is baas? Wie’s die baas en wie’s die klaas?”
Die prosesse in die lyfkoppe versnel – koppeskryf is “koppeversnellers”. Jy dink al vinniger.
“Volgende een: Daar’s pyn in pay day.”
“Perfek.”
“Ja,” borduur die ander dinkkop geesdriftig voort, “al die plofklanke is pragtig. Die ikonisiteit (“Wat?!” werp die ander dinkkop tussenby) is ’n aanduiding van die trefkrag van betaaldag se probleme!” raak die een dinkkop geleerd kwyt. Die dinkkop se maat grinnik net.
Nog ’n koppeversneller duik op. Dis ’n stuk waarin die skrywer driftig oor iets standpunt inneem. “Miskien kan die kop so klink: Klaas vaar uit?”
Dit word afgekeur: “Dis g’n niks ’n geuitvaardery nie! Die skrywer is net baie beslis oor sy standpunt. Iemand het hom kwaad gemaak.”
“Nou ja,” stel die volgende dinkkop vroom voor, “Die mooi hond.”
“Loop vang ’n haan,” reageer die skrywende dinkkop.
“Dis pure moedswilligheid. Waar kom ’n hond in die prentjie in?”
“Ag, maar ’n hond is so ’n lieflike ding,” verdedig die lyfkopmaat.
Die skrywende lyfkop besluit alleen – die woord “bravo” moet daarin.
“Dis mooi,” juig die ander lyfkop.
“Dis so dramaties, dit weerspieël die inhoud van die brief wat met die teater te doen het.”
Die medelyfkop se gesig kry ’n trek. Party mense is ook totaal gek as dit by woorde kom. Dié lyfkop met die stel waarin woorde wemel, sal warempel nog ’n simfonie in woorde komponeer!
Die moedswillige dinkkop karring oor die skones van die groot wedstryd.
“Mooie meisies, fraaie bloemen. . .”
“Hoekom sê ’n mens ‘skones’? Is ’n meisie wat skoon is, mooier as mooi?”
“Ja,” sê die ander dinkkop, “en skoon is nie altyd mooi nie.”
Maar wraggies, die koppeversnellery raak nou pynigend. Die skones is nou skoon.
Niks word verander na “mooi” nie.
Die berig oor die skilder het ’n foto by, maar ’n kop is nog soek.
“Kleurvolle ekspressie,” stel die een lyfkop voor. “Kyk al die helder kleure!”
“Oe nee, ons skryf vir die ou op straat,” gril die ander lyfkop anglisisties.
“‘Ekspressie’ is ’n kunsterm,” maak die ander lyfkop beswaar.
Dis so ’n beeldende woord, so. . . wel, ekspres-sief.
Die kop word ’n sobere: Mnr. Skilder wys werke.
Nou ja, dan gaan dit nou so onekspressief in die koerant staan.
Dié ou wat gesê het daar is geen pyn so erg as om ver van jou soetlief te syn, het nog nooit ’n kop vir ’n koerantberig probeer skryf nie. – 19 Junie 1995

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie