Die taal wat ons praat
Ek sê maar net 30 jaar gelede
Etlike jare gelede was Afrikaans die amptelike taal. En toe kom Engels, en die meeste kan dit nie praat nie, wat nog van uitspreek.
Die uiteinde was Namlish waaroor dikwels in koerantkolomme gespot word.
Afrikaans het op die agtergrond geskuif, maar tog praat die meeste mense dit nog. En vandeesweek is Afrikaans weer op die voorgrond met die Afrikaanse Taalvereniging van Namibië wat ’n Afrikaanse week hou om die taal te bevorder. Verskillende nuusmedia gaan aan die projek deelneem om onder meer die ontstaan van Afrikaans in Namibië, ’n oorsig oor Namibiese skrywers en die taal uit die volksmond te dek.
Volgens ons Grondwet is Engels nou die taal, maar Afrikaans bly die algemene spreektaal wat deur die meerderheid Namibiërs verstaan, gepraat en gelees word. Die Afrikaanse Taalvereniging is ook besig met ’n projek om die kommunikasiegaping onder die verskillende bevolkingsgroepe te oorbrug om ’n beter verstandhouding te skep. Die doel met enige gesprek is in elk geval dat die partye mekaar moet verstaan.
Ek onthou die ou dae nog goed toe ons van jongs af verskillende tale gebesig het, maar Afrikaans was oorheersend wat deur feitlik almal verstaan is.
Destyds was die swartes (verskoon tog die “rassistiese” benaming, maar dit is om ’n sekere punt tuis te bring) meestal veeltalig. Maar Afrikaans was die mees aanvaarbare en verstaanbare taal waarin die onderskeie gemeenskappe gekommunikeer het.
Die afgelope naweek sê ’n vriend sy Afrikaans sou baie beter wees as soortgelyke pogings, soos wat die Afrikaanse Taalvereniging nou aanpak, in sy skooldae gebeur het.
“Ek (en jy) verstaan mekaar beter in die ‘taal van die onderdrukker,’” het hy aan my gesê.
Ekself was nooit daarvoor bekend dat ek my moedertaal suiwer kon praat nie. Ek meng (néé mix) alles.
Afrikaanssprekendes staan verbaas wanneer hulle ’n gesprek tussen “andersprekendes” aanhoor en vind dat minstens die helfte van die gesprek in Afrikaans en Engels geskied. Dit is soort van ’n tweede natuur. Matisa, ti axa (hoe’s dit bra!)
Maar hierdie week gebeur iets besonders omdat die Afrikaanse Taalvereniging van plan is om Afrikaans onder die inwoners te bevorder. Met Engels as die amptelike taal in Namibië voel Afrikaanssprekendes dat die taal bedreig word en besig is om uit te sterf. Maar ek glo dit nie.
In my studentedae, terwyl ek onder meer in die hartjie van Damaraland (bestaan die benaming nog?) op Khorixas gestudeer het, moes ons Afrikaans praat om mekaar te verstaan. Daar is te veel dialekte in “swart tale” en ons kon mekaar nie aldag verstaan nie.
Weinig tale kan daarmee spog dat meer as driekwart van die Namibiese bevolking dit besig, of immers verstaan.
Die vrees dat Afrikaans by sy graf staan, sal hopelik vandeesweek besweer word. – 31 Julie 1995

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie