Die stryd om geloofsvryheid
Wiesie Kotzé – Vanoggend skryf ek vir julle vanuit die anderkant van een van ’n handjie vol suksesvolle nagte waar ’n sekere klein seuntjie in sy eie bed geslaap het.
Ek stoei tans met ’n ding – dalk kan julle my help. Vir baie lank het ons Afrikaanssprekende gemeenskap soveel vryheid gehad om te kies met wie ons sake doen, waar ons kerk toe gaan, en by wie ons inkopies doen, dat ons nie meer weet wat om te doen wanneer daar skielik iets te kort skiet nie.
’n Groot deel van die Afrikaanse kultuur is ook op die fondament van die Christelike geloof gebou. Vir baie mense het hul geloof so half ’n gewoonte geword of dit het meganies geword – dit is iets wat ons maar net doen. Nie iets wat ’n mens voel nie. Nie ’n lewende verhouding met die Here nie. En in hierdie land waarin ons leef, het ons die vryheid van geloof of ten minste dink ons so.
Ek wil vandag die stelling aan jou maak dat die Christelike geloof wel op klein onbewustelike plekke bedreig word en vra of dit werklik vir julle saak maak dat dit die geval is.
* Stelling nommer een: Die ouer, tradisionele kerke is outyds en verkeerd en die meer moderne, meer informele kerke is reg. Verdeeldheid in geloof is die duiwel se beste strategie in my opinie. Dit is nie so belangrik hoe die afloop van die kerkdiens verskil van jou buurgemeente nie, maar aanvaar julle beide vir Jesus Christus as julle verlosser? Dan is ons tog almal aan dieselfde kant?
* Stelling nommer twee: Ons woon in ’n land waar godsdiensvryheid gehandhaaf word. Wat as daar tydens ’n spesifieke saketransaksie gesê word “hierdie transaksie kan slegs voortgaan indien jy ’n bietjie minder soos ’n Christen optree rondom almal wat by hierdie transaksie betrokke is. Teken dit sommer gou hier af”.
Gaan ’n mens voort of nie? My voorbeeld is erg oordrewe, die meeste mense besef nie eens wanneer hulle iets afteken waarin hulle hul geloofsbeginsels ondermyn nie. Veral omdat die transaksie noodgedwonge moet voortgaan.
Voor ek na stelling nommer drie aanbeweeg, – ek onthou op laerskool het my onderwyseres wat Duits gegee het, die een wat ons destyds as die mees liberale van ons almal beskou het, met skok opgemerk het hoe die winkels skielik op Sondae oop is in die nuwe winkelsentrum. Sy was erg geskok en ons jonger mense het nie verstaan waaroor die bohaai gaan nie.
Vandag is die meeste winkels op Sondae oop en dit is al so lank ’n werklikheid dat ons amper nie meer die tye kan onthou toe dinge anders was nie.
* Stelling nommer drie: Die tye verander en Christene moet daarby aanpas, anders kom hul outyds voor. Wanneer iemand ’n spesifieke standpunt van jou uitdaag – gee ’n mens onmiddellik toe aan die opposisie se druk? Moet Christene eenvoudig inval by dit wat die samelewing bepaal sodat ons tog niemand verontrief nie?
In sekere dele van die wêreld word Christene spesifiek vir hul geloof vervolg. Is ons as Christene te gemaklik hier in Namibië waar Christenskap openlik aanvaar word, maar waar ons vryheid van geloof, subtiel in oomblike wanneer ons nie oplet nie, bietjies-bietjies bedreig word? En ons dit toelaat? In hoeveel situasies plaas ons daagliks ander dinge bo ons geloof?
Genoeg gestoei vir eers. Mag julle ’n geseënde week hê, en ons gesels weer.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie