Die ou met die 'lang ding'
Ek sê maar net 30 jaar gelede
Anna-Marie Steenkamp – In die koerant was ’n korterige beriggie wat aangekondig het: die Moskou Ensemble sal Vrydag- en Saterdagaand ’n uitvoering gee van onder meer Mozart, Stravinsky, Rimsky-Korsakov en Strauss. Een van die hoogtepunte sou die Peer Gynt-suite wees.
Die blonde vroutjie wou graag na hulle gaan luister. Hulle het ’n goeie reputasie. Haar man word goedig opdrag gegee om kaartjies te gaan koop. Hy is gewillig om dit te doen, maar een ding stuit hom teen die bors: Ek trek nie ’n pak aan of ’n baadjie en ’n das nie! Laasgenoemde is vir hom ’n nagmerriegedagte. Hy vaar sommer uit teen die ongemaklike klere wat hy kerk toe ook moet aantrek. Sy blonde vrou stem saam: sy hoor niks van die preek as sy in ongemaklike deftige klere daar moet sit nie.
Maar jy is bereid om deftig aan te trek om na die Moskou Ensemble te gaan luister! lag hulle vriende.
Ja, verdedig sy haar ondeund, maar die kerk is darem nie die Moskou Ensemble nie!
Die Moskou Ensemble bestaan uit sewe mans. Almal slank en elegant in hulle aandpakke met netjiese kuiwe en vriendelike gesigte. Hulle maak betowerende musiek.
Op die program staan dat hulle in 1989 gestig is deur. . . groot woord, slaan oor. Hoe op aarde sou ’n mens die man se naam en van uitspreek? En die ander name is net so onoorkomelik vir ’n Westerse tong.
Dan identifiseer ’n mens hulle maar volgens voorkoms. Daar is die aantreklike fluitspeler, die gedistingeerde heer met die dik-dik kuif, die kleintjie met die plat lyfie, die hobospeler wat rooi in sy gesig word van die inspanning, die regop figuur agter die klavier. Een musiekinstrument is onbekend. Dis ’n lang affêre, slank en jy blaas hom. Dik Kuif bespeel hom.
Wie sou die baas van die groep wees? wonder ’n toehoorder fluisterend. Hulle is almal so jonk. Ek weet nie, fluister haar maat terug. Seker die ou met die lang ding. Later sou hulle uitvind die “lang ding” is ’n Engelse horing. Die ou met die lang ding blyk toe regtig die leier te wees. Hulle sluit met twee Strauss-polkas af. Vrolik en polsend. Die gehoor kry nie genoeg van die betowerende musiek wat die elegante Russe maak nie. Hulle word teruggeroep vir die een encore na die ander. Dit lyk of hulle dit geniet en bring algaande ’n tikkie humor in hulle optrede in: die hobospeler rek die pouse tussen sy laaste twee note uit en onverwags is die laaste noot ’n stuitige hoë klank. Dit bring ’n vrolike vonkie in die program van ernstige musiek.
“Flight of the Bumble Bee” vorm ’n goeie prelude tot die afsluitende vrolikheid as jy weet van die radio-aankondiger wat dié stuk moes aankondig, maar die komponis se naam net nie kon baasraak nie.
Toe oefen hy: Ladies and gentlemen, we will now listen to a magnificent piece by Rimmys ... Rrrimsky-Korsakov: Flight of the Bumble Bee.
Die aand van die uitsending breek aan. Die aankondiger is senuagtig: Ladies and gentleman, we will now listen to that magnificent piece by Rimsky-Karsakov: Bum of the Flightle Bee! – 2 Mei 1995

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie